Paleis van Westminster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Paleis van Westminster en Westminster-abdy insluitend Sint Margaret se Kerk*
Unesco-wêrelderfenisgebied

Parliament at Sunset.JPG
Die Paleis van Westminster, met die Teems en Westminsterbrug in die voorgrond
Ligging van Paleis van Westminster op 'n kaart (Groter Londen)
Paleis van Westminster
Paleis van Westminster
Posisie van die Paleis van Westminster in Groter Londen
Koördinate: 51°29′57″N 00°07′29″W
Lande Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iv
Verwysings 426
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1987  (11de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Paleis van Westminster, ook genoem die Houses of Parliament, is die vergaderplek van die twee huise van die Parlement van die Verenigde Koninkryk — die Britse hoërhuis of House of Lords, en die Britse laerhuis of House of Commons. Dit staan op die noordbank van die Teems[nota 1] in die hart van die Londense wyk (of borough) Westminsterstad, naby die historiese Westminster-abdy en die regeringsgeboue van Whitehall en Downingstraat. Die naam mag verwys na enige van twee boustrukture: die Ou Paleis, 'n middeleeuse gebouekompleks waarvan die oorgrote deel reeds in 1834 vernietig is, en die plaasvervangende Nuwe paleis wat vandag bestaan; dit het die oorspronklike styl en status behou as 'n koninklike residensie vir seremoniële doeleindes.

Die eerste koninklike paleis is in die elfde eeu hier opgerig, en Westminster was in Londen die hoofresidensie van die konings van Engeland, totdat 'n vuur die oorgrote deel van die kompleks in 1512 uitgewis het. Daarna is dit as parlementshuis aangewend, wat reeds vanaf die dertiende eeu daar vergader het, en as die setel van die koninklike geregshowe, wat in en rondom Westminstersaal geleë is. In 1834, het 'n selfs groter vuur die grootliks herboude parlementshuis in puin gelê, en die enigste belangrike boustrukture om te oorleef was Westminstersaal, die Sint Stephense kloostergange, die kapel van Sint Mary Undercroft en die juweeltoring.

Die daaropvolgende kompetisie vir die herbouing van die paleis, is deur die argitek Charles Barry gewen met sy ontwerp vir 'n gebou in die reghoekige Neogotiese styl. Die oorblyfsels van die Ou paleis (met die uitsondering van die alleenstaande juweeltoring) is in die veel groter herbouings ingesluit, wat oor die 1 100 vertrekke insluit, wat simmetries rondom twee stelle binnepleine gerangskik is. Deel van die Nuwe paleis se vloeroppervlak van 3.24 ha is van die Teems herwin, wat die hooffasade huisves, aangrensend tot die 266 m lange rivierfront. Barry is bygestaan deur Augustus W. N. Pugin, 'n leidende gesag rakende gotiese argitektuur en styl, wat ontwerpe verskaf het vir die versiering en bekleding van die paleis. Konstruksie het in 1840 afgeskop, en het vir dertig jaar voortgeduur, onderworpe aan groot vertragings en kosteoorskrydings, benewens die afsterwe van beide hoofargitekte; aandag aan die binneversiering het met tussenposes tot ruim in die twintigste eeu voortgeduur. Aansienlike renovasiewerk is sedertdien uitgevoer, weens die uitwerking van Londen se lugbesoedeling, en uitgebreide herstelwerk het na die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind, insluitend herbouing van die kamer van die Laerhuis, na die bombardering daarvan in 1941.

Die paleis is een van die fokuspunte van politieke aktiwiteit in die Verenigde Koninkryk; "Westminster" het 'n metoniem vir die VK-parlement geword, en die Westminster-stelsel vir regering is daarna vernoem. Die kloktoring in besonder, wat na die hoofklok, "Big Ben", vernoem is, is 'n ikoniese Londense landmerk, asook van die Verenigde Koninkryk in die breë. Dit word gesien as 'n embleem van die parlementêre demokrasie, en is een van die mees gewilde toeristeattraksies in die stad. Die Paleis van Westminster word sedert 1970 gelys in die Graad I-gebouekategorie en word sedert 1987 ingesluit by die UNESCO Wêrelderfenisterreine.

Nota[wysig]

  1. Of strenggesproke die wesbank, aangesien die Teems hier vir 'n wyle noordwaarts vloei.

Eksterne skakels[wysig]

Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisKings LangleyLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyNonsuch-paleisOatlands-paleisOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRibsden HoltRichmond-paleisRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelSunninghill ParkLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van WhitehallWhite LodgeWoodstock-paleis