Paleis van Placentia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Paleis van Placentia in ’n 17de-eeuse tekening.

Die Paleis van Placentia was ’n Engelse koninklike paleis wat in 1447 gebou is[1] in Greenwich, destyds ’n entjie van Londen af aan die oewer van die Teems-rivier. Die paleis is in die 17de eeu gesloop en vervang met ’n hospitaal.

Geskiedenis[wysig]

Humphrey, Hertog van Gloucester, was die regent in die tyd van koning Hendrik VI en hy het die paleis laat bou met die naam Bella Court. In 1447 het Humphrey in onguns geraak by Hendrik se nuwe koningin, Margaret van Anjou, en is hy in hegtenis geneem vir hoogverraad. Hy is in die tronk dood - Shakespeare het gesê hy is vermoor. Margaret het Bella Court oorgeneem en die naam verander na die Paleis van Placentia.

Die paleis het vir die volgende twee eeue die belangrikste koninklike woning gebly. Dit was die geboorteplek van koning Hendrik VIII in 1491 en het ’n belangrike rol in sy lewe gespeel. Ná sy troue met Catharina van Aragon was Placentia die geboorteplek van hul dogter, Maria (later Bloedige Maria) in Februarie 1516. Ná sy troue met Anna Boleyn is hul dogter, Elizabeth (later Elizabeth I) in 1533 daar gebore. Hy is ook in 1540 daar getroud met Anna van Kleef. ’n Boom in Greenwich-park is bekend as Koningin Elizabeth se Eikeboom; sy het glo as kind daarin gespeel.

Maria en Elizabeth het albei in die 16de eeu ’n paar jaar lank in Placentia gewoon, maar tydens die bewind van Jakobus I en Karel I is die Queen's House aan die suidekant van die paleis gebou. Placentia het verwaarloos geraak tydens die Engelse Burgeroorlog en is eindelik gesloop. Die Greenwich-hospitaal is in 1694 op die terrein gebou.

Verwysings[wysig]

  1. Bold, John (2000) Greenwich: An Architectural History of the Royal Hospital for Seamen and the Queen's House (Paul Mellon Centre for Studies in British Art in samewerking met English Heritage), ISBN 978-0300083972

Verdere leesstof[wysig]

  • Charles Jennings, Greenwich: The Place Where Days Begin and End, Londen: Abacus, 2001. ISBN 0 349 11230 4.

Eksterne skakels[wysig]


Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisKings LangleyLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyNonsuch-paleisOatlands-paleisOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRibsden HoltRichmond-paleisRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelSunninghill ParkLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van WhitehallWhite LodgeWoodstock-paleis