Haumea se natuurlike satelliete

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die dwergplaneet Haumea het twee bekende natuurlike satelliete, Hiʻiaka en Namaka, wat genoem is na godinne in die Hawaise mitologie. Die klein mane is in 2005 ontdek danksy waarnemings van Haumea deur die groot teleskope van die W.M. Keck-sterrewag in Hawaii.

Haumea se mane is op ’n paar maniere besonders. Daar word geglo hulle is miljarde jare gelede uit ysagtige afval gevorm nadat ’n groot botsing Haumea se ysmantel versteur het. Hiʻiaka, die grootste, verste maan, het groot hoeveelhede suiwer waterys op sy oppervlak, iets wat skaars is onder voorwerpe in die Kuipergordel.[1] Namaka, waarvan die massa omtrent ’n tiende van die ander maan s’n is, het ’n ongewone vreemde wentelbaan: dit is baie eksentriek en lyk of dit deur die groter maan beïnvloed word.

Verwysings[wysig]

  1. Barkume, K.M.; Brown, M.E.; Schaller, E.L. (2006). "Water Ice on the Satellite of Kuiper Belt Object 2003 EL61". The Astrophysical Journal 640: L87–L89. arXiv:astro-ph/0601534. Bibcode:2006ApJ...640L..87B. doi:10.1086/503159.
Die Sonnestelsel
Son Mercurius Venus Maan Aarde Phobos en Deimos Mars Ceres Asteroïdegordel Jupiter Jupiter se natuurlike satelliete Jupiter se ringe Saturnus Saturnus se natuurlike satelliete Saturnus se ringe Uranus Uranus se natuurlike satelliete Uranus se ringe Neptunus Neptunus se natuurlike satelliete Neptunus se ringe Pluto Charon, Nix en Hydra Haumea Haumea se natuurlike satelliete Makemake Kuiper-gordel Eris Dysnomia Verstrooide skyf Hills-wolk Oort-wolkSolar System Template Final.png
Beeldinligting
SonMercuriusVenusAardeMarsCeresJupiterSaturnusUranusNeptunusPlutoHaumeaMakemakeEris
Mane: AardeMarsAsteroïdiesJupiterSaturnusUranusNeptunusPlutoHaumeaErisRinge: JupiterSaturnusUranusNeptunus
PlaneteDwergplaneteKleinplanete
MeteoroïdesAsteroïdesAsteroïdegordelSentoureTrans-Neptunus-voorwerpeKuiper-gordelVerstrooide skyfKometeHills-wolkOort-wolk