Langeberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Berglandskap in die Grootvadersbosch-natuurreservaat

Die Langeberg is 'n bergreeks in die suide van die Wes-Kaap wat vir ongeveer 170 km in 'n algemene oos-wes-rigting loop. Die mees westelike punt is 35 km wes van Swellendam en die reeks eindig sowat 30 km noordoos van Riversdal in die ooste. Die oop vlaktes van die Klein Karoo grens aan die noorde van die Langeberg, en in die suide lê die Agulhas-vlakte en die graanlande van die Overberg. Teen die suidelike hange van die reeks kom bergfynbos voor.

Bergpasse van die Langeberg[wysig]

Die Garciapas tussen Riversdal en die Klein-Karoo, die Kogmanskloofpas tussen Ashton en Montagu en die Tradouwpas tussen Swellendam en die Klein-Karoo is almal bergpasse in die Langeberg.