Opvlamster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

’n Opvlamster is ’n veranderlike ster wat soms vir ’n paar minute ’n onvoorspelbare, dramatiese toename in helderheid ondergaan. Daar word geglo sulke opvlammings is soortgelyk aan sonvlamme. Die toename in helderheid is dwarsoor die spektrum, van X-strale tot radiogolwe. Die eerste opvlamsterre, V1396 Cygni en AT Microscopii, is in 1924 ontdek. Die bekendste een is egter UV Ceti, wat in 1948 ontdek is. Vandag word soortgelyke opvlamsterre geklassifiseer as "UV Ceti-tipe veranderlike sterre" (afkorting: UV).

Opvlammings kan elke paar dae plaasvind of, soos in die geval van Barnard se Ster, baie minder gereeld. Die meeste opvlamsterre is dowwe rooi dwergsterre.

Eksterne skakels[wysig]

Soorte sterre en sterregroepe
HD 820.jpg
 Sterre   SterDwergsterWitdwergSwartdwergRooidwergGeeldwergBruindwergSubdwergReusesterHelder reusSuperreusHiperreusSubreusRooireusBloureusNeutronsterPulsarBloudwaalsterCepheïedVeranderlike sterNovaOpvlamsterRR Lyrae-sterWolf-RayetsterT Tauri-sterHerbig Ae/Be-sterPoolster
 Sterregroepe   DubbelsterX-straaldubbelsterVeelvoudige sterSterreswermSterrestroomSterrestelselMelkwegSterrestelselswermSuperswerm
 Verwante voorwerpe   SupernovaNewelPlanetêre newelMessier-voorwerpHeelalMultiversumSterrebeeldAsterismeSterreklassifikasieSwartkolkSuperholteInterstellêre mediumMolekulêre wolk
 Lyste   Lys van sterrekundige katalogusseLys van naaste sterreLys van grootste sterreLys van gewone name van sterre