T Tauri-ster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n T Tauri-ster met ’n protoplanetêre skyf om.

T Tauri-sterre is ’n klas veranderlike sterre. Hulle word gevind naby molekulêre wolke en word geïdentifiseer deur hul optiese veranderlikheid en sterk chromosferiese lyne.

Eienskappe[wysig]

T Tauri-sterre is voor-hoofreekssterre – die jongste sigbare vorm van sterre van spektraalklasse F, G, K en M (<2 sonmassas). Hul oppervlaktemperatuur is dieselfde as hoofreekssterre van dieselfde massa, maar hulle is baie helderder omdat hul radiusse groter is. Hul sentrale temperatuur is te laag dat waterstof-fusie kan plaasvind. Hulle word eerder van krag voorsien deur swaartekragenergie wat vrygestel word terwyl die ster instort en na die hoofreeks beweeg – wat hulle ná 100 miljoen jaar bereik. Hul tipiese rotasieperiode is tussen een en twaalf dae, in vergelyking met die Son se maand, en hulle is baie aktief en veranderlik.

Die prototipe van die sterre is T Tauri, ’n ster van spektraalklas K1, waarvan die sigbare magnitude wissel tussen 9,3 en 13,5. Daar is bewyse van groot gebiede met stervlekke op die sterre, en hulle het intense en veranderlike X-straal- en radio-emissies (sowat 1 000 keer dié van die Son). Baie het uiters sterk sterwinde. ’n Protoplanetêre skyf kom om die sterre voor, wat oorgebly het van die gaswolk waaruit die ster ontstaan het.

T Tauri-sterre kom steeds voor in gas- en stofgebiede van die Melkweg, soos in die Orion-newel en die donker stofwolke in die sterrebeeld Bul.

Daar is soortgelyke sterre met ’n groter massa (van 2 tot 10 sonmassas), wat Herbig AeBe-sterre genoem word.

Soorte sterre en sterregroepe
HD 820.jpg
 Sterre   SterDwergsterWitdwergSwartdwergRooidwergGeeldwergBruindwergSubdwergReusesterHelder reusSuperreusHiperreusSubreusRooireusBloureusNeutronsterPulsarBloudwaalsterCepheïedVeranderlike sterNovaOpvlamsterRR Lyrae-sterWolf-RayetsterT Tauri-sterHerbig Ae/Be-sterPoolster
 Sterregroepe   DubbelsterX-straaldubbelsterVeelvoudige sterSterreswermSterrestroomSterrestelselMelkwegSterrestelselswermSuperswerm
 Verwante voorwerpe   SupernovaNewelPlanetêre newelMessier-voorwerpHeelalMultiversumSterrebeeldAsterismeSterreklassifikasieSwartkolkSuperholteInterstellêre mediumMolekulêre wolk
 Lyste   Lys van sterrekundige katalogusseLys van naaste sterreLys van grootste sterreLys van gewone name van sterre