Sterreswerm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Messier 92, ’n sterreswerm in die Hercules-konstellasie.

’n Sterreswerm (of sterretros) is ’n groep sterre. Twee soorte word onderskei: bolvormige en oop swerms. Eersgenoemde is ’n digte groep wat uit honderdduisende of baie ou sterre bestaan wat swaartekraggebonde is, terwyl laasgenoemde yler is en gewoonlik hoogstens ’n paar honderd jonger sterre bevat.

Oop swerms versprei mettertyd weens die swaartekrag-invloed van reusagtige molekulêre newels terwyl hulle deur die hemelruim beweeg, maar al die sterre in die groep sal min of meer in dieselfde rigting bly beweeg al is hulle nie meer swaartekraggebonde nie.

Sterreswerms wat met die blote oog gesien kan word, sluit in die Plejades en Hiades.

Soorte sterre en sterregroepe
HD 820.jpg
 Sterre   SterDwergsterWit dwergSwart dwergRooi dwergGeel dwergBruin dwergSubdwergReusesterHelder reusSuperreusHiperreusSubreusRooi reusBlou reusNeutronsterPulsarBlou dwaalsterCepheïedVeranderlike sterNovaOpvlamsterRR Lyrae-sterWolf-RayetsterT Tauri-sterHerbig Ae/Be-sterPoolster
 Sterregroepe   DubbelsterX-straaldubbelsterVeelvoudige sterSterreswermSterrestroomSterrestelselMelkwegSterrestelselswermSuperswerm
 Verwante voorwerpe   SupernovaNewelPlanetêre newelMessier-voorwerpHeelalMultiversumSterrebeeldAsterismeSterreklassifikasieSwartkolkSuperholteInterstellêre mediumMolekulêre wolk
 Lyste   Lys van sterrekundige katalogusseLys van naaste sterreLys van grootste sterreLys van gewone name van sterre