Sri Lanka nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Sri Lanka krieketspan is die nasionale krieketspan van Sri Lanka. Die span het sy eerste internasionale krieket in 1926-1927 gespeel en in 1981 Toetsstatus verkry, wat Sri Lanka die agtste toetsland maak. Die span word deur Sri Lanka Krieket bestuur.

Sri Lanka se nasionale krieketspan behaal groot sukses in die vroeë 1990's, wat hulle 'n buitekans sou gee om die Wêreldbeker in 1996 te wen. Sedertdien het die span tot 'n krag in internasionale krieket ontwikkel. Sri Lanka haal die eindstryd van die 2007 en 2011 Krieketwêreldbeker-toernooie, maar ongelukkig eindig hulle by albei dié toernooie as naaswenners.

Die kolfwerk van Sanath Jayasuriya, Aravinda de Silva, Mahela Jayawardene en Kumar Sangakkara gerugsteun deur die boulwerk van Muttiah Muralitharan, Chaminda Vaas en Lasith Malinga, asook baie ander talentvolle spelers, ondersteun die sukses van Sri Lanka se krieket gedurende die laaste twee dekades.

Sri Lanka het die Wêreldbeker-toernooi gewen in 1996, die IKR Kampioenetrofee in 2002 (mede-kampioene met Indië), is agtereenvolgende naaswenners in die 2007 en 2011 Krieket Wêreldbeker-toernooie en naaswenners in die IKR Twintig20-wêreldbeker in 2009 en 2012. Die Sri Lanka krieketspan hou op die oomblik 'n paar wêreldrekords, insluitend die rekord vir hoogste spantotale in al drie vorms van die spel, toets-, eendag- en Twintig20-wedstryde.