Xinjiang

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ligging van die Outonome Gewes Xinjiang (Uighur) in Sjina.

Xinjiang (Sjinees: 新疆) is 'n outonome gewes van die Volksrepubliek van Sjina. In 2008 het dit 'n bevolking van 21 813 334 gehad. Die administratiewe gebied van die gewes strek oor 'n oppervlakte van 1 660 001 vierkante kilometer.

Die gebied is die tuiste van die Oeigoere, 'n Turkse stam in Sentraal-Asië. Die Oeigoere en Kasakke is verwant aan die volkere van die voormalige Sowjet-republiek Toerkmenistan. Daar word derhalwe soms na die gebied as Oos-Toerkmenistan of Oeigoeristan verwys.

Eksterne skakels[wysig]