Djengis Khan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Djengis Khan
Khagan van die Mongoolse Ryk
YuanEmperorAlbumGenghisPortrait.jpg
Regeer 1206–1227
Volle naam Djengis Khan
Geboortenaam Temüjin
Titels Khan, khagan
Gebore c. 1162
Oorlede 1227 (op 65)
Opvolger Ögedei Khan
Gades Börte Ujin
Koelan
Jisoegen
Jisoei
ander
Kinders Jotsji
Tsjagatai
Ögedei
Toloei
ander
Adellike huis Borjigin
Vader Jesoegei Ba'atoer
Moeder Ho'eloen
Die Mongoolse Ryk


Asië in die 12de Eeu

Djengis Khan (uitspraak: ˈdʒɛŋɡɪs ˈkɑːn[1]; Mongools: Чингис Хаан; Tsjingis Chaan) (omstreeks 11621227), gebore as Temüjin (betekenis: ysterwerker[2]), was die stigter, khan (heerser) en khagan (keiser) van die Mongoolse Ryk, die grootste aaneenlopende ryk in die wêreld se geskiedenis.

Hy het aan die bewind gekom deur die vereniging van baie van die nomadiese volke van Noordoos-Asië. Nadat hy die Mongoolse Ryk gestig en verklaar is tot "Djengis Khan", het hy met die Mongoolse inval en strooptogte in ander lande begin. In sy leeftyd het die Mongoolse Ryk eindelik groot dele van Sentraal-Asië en Sjina beslaan.

Vroeë lewe[wysig]

Djengis was op 13 reeds die leier van ’n Mongoolse stam as opvolger van sy pa, Jisoegei, wat vergiftig is deur die Tartarstam toe Temüjin maar nege jaar oud was. Mongolië, in Midde-Asië, het met sy geboorte uit sowat 30 verskillende stamme bestaan. Die Mongole was ongeletterd, verspreid en het op godsdienstige gebied Sjamanisme ondersteun. Hy het eers deur alliansies en later deur baie gevegte die Mongole verenig tot 'n volk. Deur sy oorlogmagte aan te vul met dié wat hy verower het, het hy sy magsgebied voortdurend vergroot. In 1202 het hy hom teenoor die die Tartare, wat sy pa vermoor het, gewreek deur hulle totaal te vernietig.

Bewind[wysig]

Temüjin is in 1206 op ouderdom van ongeveer 40 by 'n groot koeriltai (byeenkoms) benoem tot Djengis Khan, wat "sterk heerser" beteken.

Hy het sy oorwinnings te danke gehad aan drie faktore:

  • Gevorderde beweeglikheid, wat veral bereik is deur gemakliker gevegsdrag en uitnemende ruiterskap.
  • 'n Voortreflike strategiese aanslag wat gekenmerk is deur dissipline, uithouvermoë en gekoördineerde gevegstegnieke. Hy het die eerste suksesvolle winterinval geloods teen Rusland weens die mobiliteit van sy ruiterwag op die bevrore riviere.
  • Die genadelose inboeseming van vrees by sy vyande. Die Mongole het byvoorbeeld pyle ontwerp wat fluit as hulle afgevuur word. Hulle was ook meesterlik met die besetting van stede en die gebruik van reusagtige slingers. Hulle het selfs lyke met die slingers na hul vyande geskiet.

Voor Djengis Khan se dood in 1227 het hy Ögedei Khan as sy opvolger aangewys en sy ryk in khanate verdeel tussen sy seuns en kleinseuns. Hy is op ’n onbekende plek in Mongolië begrawe. Teen dié tyd was sy ryk van 12,5 miljoen km2 omtrent dubbel so groot as die gebied wat in die 4de eeu v.C. deur Aleksander die Grote verower is.

Sy nageslag het voortgegaan om die Mongoolse Ryk uit te brei oor die grootste deel van Eurasië deur die verowering van grondgebied in hedendaagse Sjina, Korea, die Kaukasus, Sentraal-Asië en groot dele van Oos-Europa en die Midde-Ooste.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  • Ratchnevsky, Paul (1992, c1991). Genghis Khan: His Life and Legacy [Čingis-Khan: sein Leben und Wirken], tr. & ed. Thomas Nivison Haining, Oxford, UK; Cambridge, Mass., USA: B. Blackwell. ISBN ISBN 0-631-16785-4. 
  1. The American Heritage Dictionary of the English Language: Fourth Edition (2000).
  2. Bourgoin, Stella (2002). “The Life and Legacy of Chingis Khan”. Universiteit van Kalifornië, Berkeley. URL besoek op 2008-04-29.

Eksterne skakels[wysig]

Verdere leesstof[wysig]

  • Brent, Peter (1976). The Mongol Empire: Genghis Khan: His Triumph and His Legacy. Londen: Weidenfeld & Nicholson. ISBN 029777137X. 
  • De Hartog, Leo (1988). Genghis Khan: Conqueror of the World. Londen: I.B. Tauris & Co. Ltd.. 
  • Smitha, Frank E. “Genghis Khan and the Mongols”. Macrohistory and World Report. URL besoek op 2005-06-30.
  • Harold Lamb (1927). Genghis Khan: The Emperor of All Men. New York: R. M. McBride & company. 
  • Lister, R. P. (2000 [c1969]). Genghis Khan. Lanham, Maryland: Cooper Square Press. ISBN 0-8154-1052-2. 
  • Man, John (2004). Genghis Khan: Life, Death and Resurrection. Londen; New York: Bantam Press. ISBN ISBN 0-593-05044-4. 
  • Saunders, J.J. (1972, repr. 2001). History of the Mongol Conquests. Philadelphia: University of Pennsylvania Press. ISBN 0812217667. 
  • Stewart, Stanley (2001). In the Empire of Genghis Khan: A Journey among Nomads. Londen: Harper Collins. ISBN ISBN 0-00-653027-3. 
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Djengis Khan (kategorie)