Tadjikistan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ҷумҳурии Тоҷикистон
Çumhuriji Toçikiston
Republiek van Tadjikistan
Vlag van Tadjikistan Embleem van Tadjikistan
Vlag Embleem
Volkslied: Surudi Milli
(Tadjiks vir: "Ons geliefde land")
Ligging van Tadjikistan
Hoofstad Doesjanbe

38°33′N 68°48′O

Grootste stad Doesjanbe
Amptelike tale Tadjiks
Regering Dominante party
semi-presidensiële republiek
Emomali Rahmon
Kokhir Rasulzoda
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
Tadjikse SSR
• Verklaar
• Erken

van die Sowjetunie
5 Desember 1929
9 September 1991
25 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
143 100 km2  (96ste)
55 251 myl2
1,8
Bevolking
 - 2013-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
8 000 000[1] (98ste)
7 564 500
48,6 / km2 (155ste)
125,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2011-skatting

$17,555 miljoen[2] (128ste)
$2 247[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2013-skatting

$8,572 miljoen[2] (136ste)
$1 041[2]

MOI (2013) Green Arrow Up Darker.svg 0,607[3] (113de)  –  medium
Gini (2004) 33,59 –  medium
Geldeenheid Somoni (TJS)
Tydsone
 - Somertyd
TJT (UTC+5)
nie toegepas nie (UTC+5)
Internet-TLD .tj
Skakelkode +992

Tadjikistan (Tadjiks: Тоҷикистон, Toçikiston) is 'n bergagtige land in Asië. In die suide grens die land aan Afghanistan, in die weste aan Oesbekistan, in die noorde aan Kirgisië en in die ooste aan Sjina. Die grootste deel van Tadjikistan se bevolking behoort tot die Tadjik- etniese groep, wat hul kultuur en geskiedenis met die Persiese volke deel en Persies praat. Tadjikistan was eens deel van die Persiese Samanid-ryk en het in die 20ste eeu 'n deelrepubliek van die Sowjetunie geword as die Tadjikistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek.

Na die land se onafhanklikwording het Tadjikistan gely onder 'n vernietigende burgeroorlog wat van 1992 tot 1997 geduur het. Sedert die einde van die oorlog het nuwe politieke stabiliteit en buitelandse ondersteuning die land se ekonomie laat groei. Natuurlike hulpbronne soos katoen en aluminium het ook baie bygedra tot hierdie verbetering.

Geloof[wysig]

Die meerderheid van Tadjikistan se bevolking is lede van die Tadjik- etniese groep, wat volgelinge van die Soennitiese Islam is. Die land se grondwet waarborg egter godsdiensvryheid en daar bestaan 'n klein minderheid (minder as 1%) Protestante: ongeveer 230 000.

Van die denominasies is:

  • Baptiste-kerk van Tadjikistan
  • Duitse Evangeliese Lutherse Kerk
  • Pinksterkerk

Baptiste-broederskap van Tadjikistan[wysig]

Baptiste-werk in Tadjikistan het in 1929 begin. Die Baptiste-broederskap bestaan uit sewe selfbesturende kerke en 23 geaffilieerde groepe. Die Baptiste-gemeenskap het ongeveer 1 000 lidmate en die voorsitter van die broederskap is die Russies-Duitse Alexandr Vervai.

Verwysings[wysig]

  1. (en) People and Society”. Cia World Factbook. Central Intelligence Agency. URL besoek op 14 Augustus 2014.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) Tadjikistan”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 14 Augustus 2014.
  3. (en) 2014 Human Development Report Summary”. pp. 21-25 United Nations Development Programme: 2014. URL besoek op 14 Augustus 2014.

Bronne[wysig]


 
Lande van Asië

Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Palestina | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek van Sjina: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika