Albertinia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Albertinia
Ligging van Albertinia op 'n kaart (Wes-Kaap)
Albertinia
Albertinia
Ligging van Albertinia op 'n kaart (Suid-Afrika)
Albertinia
Albertinia
Koördinate: 34°12′S 21°35′O Koördinate: 34°12′S 21°35′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Eden
Plaaslike Munisipaliteit Hessequa
Oppervlak
 - Dorp 5,76 km²  (2,2 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 6 372
 - Digtheid 1 100/km² (2 849/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6695
Skakelkode(s) 028
Die kerkgebou van die NG gemeente Albertinia is die oggend van 18 Junie 1904 ingewy en die gemeente in die namiddag van Riversdal afgestig.

Albertinia is 'n dorp in die oostelike Wes-Kaap, Suid-Afrika. In 2011 het dit 'n bevolking van 6 372 gehad, waarvan 4 366 (68.5%) bruin, 1 280 (20%) wit en 677 (10.5%) swart was. Destyds het 5 882 oftewel 94% van die inwoners hul moedertaal as Afrikaans aangedui[1].

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het ontstaan nadat ds. J.R. Albertyn van Riversdal hom vir die stigting van 'n gemeente oos van sy dorp beywer het. Die plaas Grootfontein is in 1900 gekoop en die dorp is in 1904 geproklameer en na ds. Albertyn genoem.

Distrik[wysig]

In die distrik word met graan en skape geboer. Aalwynsap is ook 'n produk wat in die distrik geproduseer word en gebruik word in die medisinale bedryf as bestanddeel van medisyne. Die plant bitteraalwyn Aloe ferox is die gesogte spesie wat veral voorkom tussen Albertinia en Mosselbaai. Oker word ook in die distrik ontgin veral vanaf 1925 nadat sir John Barrow dit reeds in die laat 1800's ontdek het. Oker word gebruik tydens die vervaardiging van verf. Kwartsiet en kaolien word ook in die distrik ontgin.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]