Heidelberg, Wes-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Heidelberg
Ligging van Heidelberg op 'n kaart (Wes-Kaap)
Heidelberg
Heidelberg
Ligging van Heidelberg op 'n kaart (Suid-Afrika)
Heidelberg
Heidelberg
Koördinate: 34°5′25″S 20°57′25″O / 34.09028°S 20.95694°O / -34.09028; 20.95694Koördinate: 34°5′25″S 20°57′25″O / 34.09028°S 20.95694°O / -34.09028; 20.95694
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Eden
Plaaslike Munisipaliteit Hessequa
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6665
Skakelkode(s) 028
Nederduits Gereformeerde Kerk op Heidelberg, ontwerp deur die argitek William Henry Ford.
Fourie-huis / Doornboom Opstal. Die oudste huis in Heidelberg. Gebou in 1728
Ingang na Heidelberg
Vallei in Heidelberg.

Heidelberg is 'n dorp naby die Suid-Afrikaanse suidkus op die N2 nasionale pad, 276 km vanaf Kaapstad. Die dorp is geleë op die oewer van die Duivenhoksrivier in die Wes-Kaap, ongeveer halfpad tussen Kaapstad en Knysna. Heidelberg is net oos van die Overbergdistrik, en sommige beskou dit as die begin van die Tuinroete.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp is gestig toe 'n NG Kerk gemeente hier begin is in 1855. Dit het in 1862 'n munisipaliteit geword.[1]

Die spoorlyn van Kaapstad na Port Elizabeth het die dorp in 1903 bereik.

Die dorp se burgersentrum is in 1912 opgerig en in 1966 uitgebrei. 'n Munisipale kliniek is in 1973 gebou, en 'n gemeenskapsentrum is in 1977 voltooi.[1]

Wapens[wysig | wysig bron]

Munisipaliteit (1) — Voor 1961 het die munisipale raad 'n skynheraldiese "wapen" gebruik wat 'n merinoram, 'n ope boek, 'n koringgerf en 'n aalwyn toon.

Munisipaliteit (2) — 'n Behoorlike wapen is in 1961 ontwerp en by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer.[2] Die wapen was : Gaffelsgewys verdeel van rooi, silwer en groen, in die skildhoof 'n ope boek van goud, regs 'n aalwyn met twee blomklosse van natuurlike kleur, en silwer 'n staande goue leeu. Die skild is met 'n muurkroon oortop. Die wapenspreuk is "Geloof en toewyding". Schalk Pienaar het die wapen ontwerp.

Distrik[wysig | wysig bron]

Heidelberg vorm deel van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit. Die belangrikste produkte wat verbou word is: wol, koring, ander graan, vrugte en tabak.

Bekende boorlinge[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Amptelike Suid-Afrikaanse Munisipale Jaarboek (1983).
  2. Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 3068 (17 Februarie 1961).

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: