Dean Elgar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Dean Elgar
Volle naam Dean Elgar
Gebore 11 Junie 1987 (1987-06-11) (34 jaar oud)
Welkom, Vrystaat, Suid-Afrika
Lengte 1,73 m
Kolfstyl Linkshandig
Rol Aanvangskolwer
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 315) 30 November 2012 v Australië
Laaste Toets 4 Februarie 2021 v Pakistan
Toetshempno. 80
EDI debuut (no 104) 24 Augustus 2012 v Engeland
Laaste EDI 3 Oktober 2018 v Zimbabwe
EDI hempno. 21
Eersterang spaninligting
Jaar(e) Span
2006 Vrystaat (spanno. 64)
2007 Knights (spanno. 64)
2013 Somerset (spanno. 64)
2014/15–hede Titans (spanno. 64)
2015 Surrey (spanno. 64)
2017 Somerset (spanno. 64)
2018–2019 Surrey (spanno. 64)
2018 Tshwane Spartans (spanno. 64)
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang A-lys T20
Wedstryde 67 8 214 170 79
Lopies aangeteken 4260 104 14624 5916 1968
Kolfgemiddeld 39.81 17.33 42.26 42.86 34.52
100s/50s 13/16 0/0 43/58 7/45 0/11
Hoogste telling 199 42 268 137 88*
Aflewerings geboul 1030 96 4169 3109 627
Paaltjies 15 2 56 57 29
Boulgemiddeld 44.33 33.50 50.07 49.87 24.93
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 0 0 0 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 0 0 0 0
Beste boulontleding 4/22 1/11 4/22 4/37 4/23
Vangskote/Stonkings 71/– 4/– 171/– 52/– 45/0
Bron: ESPNcricinfo, 5 Maart 2021

Dean Elgar (gebore 11 Junie 1987 in Welkom) is 'n linkshandige Suid-Afrikaanse krieketkolwer wat vir die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan, die Proteas speel. Hy speel in al drie vorms van die spel, maar konsentreer veral op Internasionale eendagwedstryde.

Toetsloopbaan[wysig | wysig bron]

Elgar maak sy debuut vir die Proteas op 30 November 2012 teen Australië. Op 12 Januarie 2013, het Elgar sy eerste toetshonderdtal teen Nieu-Seeland aangeteken. Die uittrede van Graeme Smith het 'n gereelde geleentheid geskep vir Elgar in sy spesialis-posisie as aanvangskolwer in toetskrieket.

Kaptein[wysig | wysig bron]

Elgar het vir Faf du Plessis ingestaan toe hy die eerste toets teen Engeland misgeloop het in 2017, weens die geboorte van sy eerste kind.[1]

Op 4 Maart 2021 het Krieket Suid-Afrika Elgar as Suid-Afrikaanse toetskaptein aangewys;[2] hy vervang Quinton de Kock in dié rol.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Du Plessis misses Lord's; Elgar captains". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2017. Besoek op 3 Julie 2017.
  2. (en) "Bavuma and Elgar to captain the Proteas". Krieket Suid-Afrika. 4 Maart 2021. Besoek op 5 Maart 2021.
  3. (en) "South Africa name Dean Elgar Test captain and Temba Bavuma ODI and T20I captain". ESPNcricinfo. 4 Maart 2021. Besoek op 5 Maart 2021.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]