Anrich Nortje
Anrich Nortje | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Anrich Arno Nortje[1] | |||||
Gebore | 16 November 1993 Uitenhage, Kaapprovinsie[1], Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm snel | |||||
Rol | Bouler | |||||
Internasionale geskiedenis | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 338) | 10 Oktober 2019 v Indië | |||||
Laaste Toets | 18 Junie 2021 v Wes-Indië | |||||
EDI debuut (no 133) | 3 Maart 2019 v Sri Lanka | |||||
Laaste EDI | 2 September 2021 v Sri Lanka | |||||
T20I debuut (no 85) | 18 September 2019 v Indië | |||||
Laaste T20I | 6 September 2021 v Engeland | |||||
Eersterangse spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
2012/13–hede | Oostelike Provinsie | |||||
2015/16–2020/21 | Warriors | |||||
2018/19–hede | Cape Town Blitz | |||||
2020–2022 | Delhi Capitals | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toetse | EDI | T20I | 1e rang | ||
Wedstryde | 12 | 12 | 60 | 60 | ||
Lopies aangeteken | 115 | 19 | 8 | 834 | ||
Kolfgemiddeld | 6.76 | 9.50 | 2.66 | 13.67 | ||
100s/50s | 0/0 | 0/0 | 0/0 | 0/4 | ||
Hoogste telling | 40 | 10 | 4* | 79* | ||
Aflewerings geboul | 2 182 | 617 | 350 | 10 189 | ||
Paaltjies | 47 | 22 | 18 | 211 | ||
Boulgemiddeld | 28.10 | 25.77 | 21.88 | 26.42 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 3 | 0 | 0 | 8 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | 0 | 0 | 0 | ||
Beste boulontleding | 6/56 | 4/51 | 3/8 | 6/44 | ||
Vangskote/Stonkings | 4/– | 2/− | 4/– | 13/– | ||
Bron: Cricinfo, 6 November 2021 |
Anrich Arno Nortje (gebore 16 November 1993) is 'n Suid-Afrikaanse professionele krieketspeler. Hy het sy internasionale buiging vir die Suid-Afrikaanse krieketspan in Maart 2019 gemaak.[2] In Julie 2020 is Nortje aangewys as die nuweling van die jaar by Krieket Suid-Afrika se jaarlikse prysuitdeling.[3]
Plaaslike en T20-loopbaan
[wysig | wysig bron]Hy was in die Oostelike Provinsie se groep vir die 2016 Afrika T20-beker ingesluit.[4] In Oktober 2018 is hy aangewys in Cape Town Blitz se groep vir die eerste uitgawe van die Mzansi Superliga T20-toernooi.[5][6] Halfpad deur die toernooi moes hy weens 'n enkelbesering uitsit.[7] In Desember 2018 is hy deur die Kolkata Knight Riders op die spelersveiling vir die 2019 Indiese Premierliga gekoop.[8][9] Hy het egter in Maart 2019 die toernooi weens 'n skouerbesering misgeloop.[10]
Internasionale loopbaan
[wysig | wysig bron]In Februarie 2019 is hy aangewys in Suid-Afrika se Internasionale Eendag (EDI)-groep vir hul reeks teen Sri Lanka.[11] Hy het sy EDI-buiging vir Suid-Afrika teen Sri Lanka op 3 Maart 2019 gemaak.[12] In Maart 2019 is hy aangewys in Suid-Afrika se Twintig20 Internasionale (T20I)-groep ook vir die reeks teen Sri Lanka,[13] maar is weens 'n besering uit die T20I-reeks gesluit.[14] Hy het onder meer tydens die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021, 2022 en 2024 vir Suid-Afrika gespeel en sou ook tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2019 en 2023 verskyn het, maar hy het die twee laasgenoemde toernooie weens beserings misgeloop. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.[15]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Anrich Nortje". Wisden. Besoek op 10 Desember 2020.
- ↑ (en) "Anrich Nortje". ESPN Cricinfo. Besoek op 21 September 2016.
- ↑ (en) "Quinton de Kock, Laura Wolvaardt scoop up major CSA awards". ESPN Cricinfo. Besoek op 4 Julie 2020.
- ↑ (en) "Eastern Province Squad". ESPN Cricinfo. Besoek op 21 September 2016.
- ↑ (en) "Mzansi Super League – full squad lists". Sport24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2019. Besoek op 17 Oktober 2018.
- ↑ (en) "Mzansi Super League Player Draft: The story so far". Independent Online. Besoek op 17 Oktober 2018.
- ↑ (en) "Injured Anrich Nortje leaves his imprint at MSL". ESPN Cricinfo. Besoek op 29 November 2018.
- ↑ (en) "IPL 2019 auction: The list of sold and unsold players". ESPN Cricinfo. Besoek op 18 Desember 2018.
- ↑ (en) "IPL 2019 Auction: Who got whom". The Times of India. Besoek op 18 Desember 2018.
- ↑ (en) "South Africa quick Anrich Nortje ruled out of IPL". ESPN Cricinfo. Besoek op 20 Maart 2019.
- ↑ (en) "Fit-again Lungi Ngidi back in South Africa's ODI squad, Hashim Amla left out". ESPN Cricinfo. Besoek op 24 Februarie 2019.
- ↑ (en) "1st ODI, Sri Lanka tour of South Africa at Johannesburg, Mar 3 2019". ESPN Cricinfo. Besoek op 3 Maart 2019.
- ↑ (en) "Markram, Nortje, Qeshile called up for T20Is against Sri Lanka". ESPN Cricinfo. Besoek op 17 Maart 2019.
- ↑ (en) "New-look South Africa seek series win". International Cricket Council. Besoek op 21 Maart 2019.
- ↑ (en) Andrew Fidel Fernando (27 Junie 2024). "South Africa demolish Afghanistan to enter their maiden men's World Cup final". ESPNcricinfo. Besoek op 30 Junie 2024.