Zimbabwiese nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Zimbabwe
Vlag van Zimbabwe
Toetskrieketland sedert 1992
Eerste Toets teen Indië te Harare Sports Club, Harare, 6–10 November 2016
Kaptein Hamilton Masakadza
Afrigter Lalchand Rajput
Plek op IKR Toets-, EDI- en T20I-ranglys 10de (Toetse)
12de (EDIs)
14de (T20Is)
Totale toetse
 - Afgelope jaar
107
0
Laaste  Toets teen Ierland, Stormont, Belfast, 7 Julie 2019
Wen/verloor
 – Afgelope jaar
12/68
0/0
Soos op 16 Julie 2019

Die Zimbabwiese nasionale krieketspan, met die bynaam The Chevrons, is die nasionale krieketspan wat Zimbabwe in internasionale wedstryde verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Zimbabwe Krieket (voorheen bekend as die Zimbabwiese Krieketunie of ZKU). Zimbabwe is, na Suid-Afrika, die tweede volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) in Afrika en het sedert 1992 toets- en Internasionale eendagwedstryd (EDI)-status. Zimbabwe is tans (7 Januarie 2020) elfde op die IKR-toetsranglys, twaalfde op die eendagranglys, en elfde op die Twintig20-wêreldranglys.[1][2][3]

Zimbabwiese spelers neem ’n pouse vir drankies in hul ODI-wedstryd teen Bangladesj in die Sher-e-Bangla Krieketstadion, Dhaka, op 23 Januarie 2009

Zimbabwe het al aan nege krieketwêreldbekertoernooie deelgeneem, met hul beste prestasie in 1999 en 2003, waar hulle die Super 6 kon maak. In 2003 het Zimbabwe, saam met Suid-Afrika en Kenia, die eerste krieketwêreldbekertoernooi in Afrika aangebied. Hulle het tot dusver ook aan vyf T20-wêreldbekertoernooie deelgeneem, maar nog nie bo die groepfase gevorder nie. Zimbabwe het ook al aan vyf Kampioenetrofee deelgeneem en in 2000 hul beste verskyning gemaak, toe hulle tot die kwarteindrondte kon vorder; in onlangse jare kon hulle egter nie meer vir dié toernooi kwalifiseer nie, omdat hulle nie meer onder die agt beste spanne in die IKR se EDI-ranglys is nie.

Weens Zimbabwe se swak ekonomiese en politieke stabiliteit in onlangse jare het die Zimbabwiese nasionale krieketspan agteruitgegaan, veral omdat belangrike spelers dié land verlaat en teenstanders weier om in Zimbabwe weens veiligheidkwessies te speel. Dit lei tot ’n gebreek aan beide ervaring en kundigheid, waarvolgens Zimbabwe met lande wat elke jaar baie krieketwedstryde speel, nie meer kan meeding nie. Hul laagtepunt was die opskorting van die IKR in 2019, maar Zimbabwe is intussen weer gerehabiliteer.[4] Intussen is Zimbabwe deur Namibië as tweede beste span in Afrika, na die Proteas, verbygesteek.[5]

Rekords[wysig | wysig bron]

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1975 Nie toegelaat nie
1979 Nie toegelaat nie
1983 Groepfase
1987 Groepfase
1992 Groepfase
1996 Groepfase
1999 Super 6
2003 Super 6
2007 Groepfase
2011 Groepfase
2015 Groepfase
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

Twintig20-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
2007 Groepfase
2009 Teruggetrek
2010 Groepfase
2012 Groepfase
2014 Groepfase
2016 Groepfase
2020 Opgeskort

Kampioenetrofee-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1998 Voor-kwarteindrondte
2000 Kwarteindrondte
2002 Groepfase
2004 Groepfase
2006 Kwalifikasierondte
2009 Nie gekwalifiseer nie
2013 Nie gekwalifiseer nie
2017 Nie gekwalifiseer nie

Huidige span/groep[wysig | wysig bron]

Naam Oud Kolfstyl Boulstyl Tuisspan Vorm Hempnr
Toetskaptein en middelordekolwer
Brendan Taylor 33 Regshandig wegbreek Mid West Rhinos Toets, EDI, T20I 1
EDI/T20I kaptein en veelsydig
Elton Chigumbura 33 Regshandig R-mediumsnel Mashonaland Eagles Toets, EDI, T20I 47
Onderkaptein en middelordekolwer
Hamilton Masakadza 36 Regshandig R-mediumsnel Mountaineers Toets, EDI, T20I 3
Aanvangskolwers
Chamu Chibhabha 33 Regshandig R-mediumsnel Mashonaland Eagles EDI, T20I
Vusimuzi Sibanda 36 Regshandig R-mediumsnel Mid West Rhinos Toets, EDI, T20I 10
Tinotenda Mawoyo 33 Regshandig R-snel Mountaineers Toets, EDI 20
Sikandar Raza 33 Regshandig R-mediumsnel Mashonaland Eagles Toets, EDI, T20I 24
Middelordekolwers
Stuart Matsikenyeri 36 Regshandig wegbreek Mountaineers Toets, EDI, T20I
Malcolm Waller 35 Regshandig wegbreek Mid West Rhinos Toets, EDI, T20I 9
Craig Ervine 34 Linkshandig wegbreek Matabeleland Tuskers Toets, EDI, T20I 77
Veelsydig
Sean Williams 33 Linkshandig L-ortodoks draai Matabeleland Tuskers Toets, EDI, T20I 14
Solomon Mire 30 Regshandig R-mediumsnel Mid West Rhinos EDI 25
Neville Madziva 28 Regshandig R-mediumsnel Mid West Rhinos EDI
Paaltjiewagters
Regis Chakabva 32 Regshandig wegbreek Mashonaland Eagles Toets, EDI, T20I 5
Richmond Mutumbami 30 Regshandig wegbreek Southern Rocks Toets, EDI
Snelboulers
Brian Vitori 29 Linkshandig L-snel Mashonaland Eagles Toets, EDI, T20I 60
Tawanda Mupariwa 34 Regshandig R-snel Matabeleland Tuskers Toets, EDI, T20I
Donald Tiripano 31 Regshandig R-snel Mountaineers Toets, EDI
Tendai Chatara 28 Regshandig R-snel Mountaineers Toets, EDI, T20I 13
Tinashe Panyangara 34 Regshandig R-snel Southern Rocks Toets, EDI, T20I 48
Draaiboulers
Prosper Utseya 34 Regshandig wegbreek Mashonaland Eagles Toets, EDI, T20I 52
Tafadzwa Kamungozi 28 Regshandig bybreek Southern Rocks EDI
John Nyumbu 34 Regshandig wegbreek Matabeleland Tuskers Toets, EDI 16

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 6 Januarie 2020. Besoek op 7 Januarie 2020.
  2. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 22 Desember 2019. Besoek op 7 Januarie 2020.
  3. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 5 Januarie 2020. Besoek op 7 Januarie 2020.
  4. (en) "ICC suspend Zimbabwe Cricket for political interference". BBC. 18 Julie 2019. Besoek op 7 Januarie 2020.
  5. (en) "England's gold, Australia's fall, Pakistan's homecoming". ESPNcricinfo. 27 Desember 2019. Besoek op 7 Januarie 2020.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]