Nieu-Seelandse nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Nieu-Seeland
Vlag van Nieu-Seeland
Toetsland sedert 1930
Eerste Toets t Engeland te Lancasterpark, Christchurch
10–13 Januarie 1930
Kaptein in Toetse,
EDI en T20
Kane Williamson
Afrigter Vlag van Nieu-Seeland Gary Stead
Plek op IKR Toets- en EDI-ranglys 2de (Toetse)
3de (EDIs)
6de (T20Is)
Totale toetse
 – Hierdie jaar
433
2
Laaste toets teen Bangladesj op 8–12 Maart 2019
Wen/verloor
 – Hierdie jaar
97/171
2/0
Soos op 15 Julie 2019

Die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan, met die bynaam die Black Caps, is die nasionale krieketspan wat Nieu-Seeland in toetse en kitskrieket verteenwoordig. Hulle het hul eerste toets in 1930 teen Engeland in Christchurch, Nieu-Seeland, gespeel en daarmee die wêreld se vyfde toetsland geword. Die span kon eers in 1955–1956 'n toets wen, teen die Wes-Indiese Eilande op Edenpark in Auckland.[1] Hulle het hul eerste internasionale eendagwedstryd in die 1972–1973-seisoen gewen teen Pakistan in Christchurch.

Die Nieu-Seelandse span vier in 2009 die vangs van 'n paaltjie

Die huidige toets-, eendag- en Twintig20-kaptein is Kane Williamson, wat Brendon McCullum vervang het. McCullum vervang Ross Taylor, wat Daniel Vettori opgevolg het nadat hy uitgetree het ná die Krieketwêreldbeker 2011. Vettori het Nieu-Seeland se suksesvolste kaptein, Stephen Fleming, wat Nieu-Seeland tot 28 toetsoorwinnings gelei het – meer as twee keer soveel as enige ander Nieu-Seelandse kaptein – vervang. Die nasionale span word bestuur deur Nieu-Seeland Krieket.

Die Nieu-Seelandse krieketspan het bekend geword as die "Black Caps" in Januarie 1998, nadat sy eertydse borg, Clear Communications, 'n kompetisie uitgeskryf het om 'n naam vir die span te kies.[2]

Soos op 15 Julie 2019 het Nieu-Seeland reeds 433 toetse gespeel, waarvan 97 gewen, 171 verloor en 165 gelykop gespeel is.[3]

Die span is tans in die tweede plek op die IKR-toetsranglys, derde op die eendagranglys, en sesde op die Twintig20-wêreldranglys.[4][5][6]

Rekords[wysig | wysig bron]

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Engeland teen Nieu-Seeland op Lord’s in Mei 2004
Jaar Uitslag
1975 Halfeindrondte
1979 Halfeindrondte
1983 Groepfase
1987 Groepfase
1992 Halfeindrondte
1996 Kwarteindrondte
1999 Halfeindrondte
2003 Super 6
2007 Halfeindrondte
2011 Halfeindrondte
2015 Naaswenner
2019 Naaswenner
2023 N.v.t.

Twintig20-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
2007 Halfeindrondte
2009 Super 8
2010 Super 8
2012 Super 8
2014 Super 10
2016 Halfeindrondte
2020 Gekwalifiseer

Kampioenetrofee-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1998 Kwarteindrondte
2000 Kampioen
2002 Groepfase
2004 Groepfase
2006 Halfeindrondte
2009 Naaswenner
2013 Groepfase
2017 Groepfase

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Frindall, Bill (2009). Ask Bearders. BBC. p. 163. ISBN 978-1-84607-880-4. |access-date= requires |url= (help)
  2. Anderson, Ian (29 Januarie 1998). "It's Clear Black Caps very dull". Waikato Times. p. 12.
  3. ESPNcricinfo uitslae URL besoek op 15 Julie 2019
  4. Men's Test Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  5. Men's ODI Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.
  6. Men's T20I Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.