ENB-stadion
ENB- of FNB-stadion | ||
Binneaansig tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
| ||
Bynaam | Sokkerstad / Soccer City Die kalbas | |
---|---|---|
Ligging | Johannesburg, Suid-Afrika | |
Koördinate | 26°14′5.27″S 27°58′56.47″O / 26.2347972°S 27.9823528°O | |
Eienaar | Stad Johannesburg | |
Operateur | Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA) | |
Kapasiteit | 94 700[1][2] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 1986[3] | |
Geopen | 1989[4] | |
Renovasie | 2009 | |
Uitgebrei | 2009 | |
Boukoste | R3,3 miljard | |
Argitek | Boogertman & Vennote, Populous | |
Huurders | ||
Kaizer Chiefs Bafana-Bafana Springbokke |
Die ENB-stadion (ook genoem FNB-stadion, Sokkerstad of Soccer City) is 'n stadion in Soweto, Johannesburg, Suid-Afrika. Die stadion is reg langs die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA-huis) waar die kantore van FIFA en die Plaaslike Reëlingskomitee vir die 2010 Sokkerwêreldbeker gesetel was.[1] Met 'n kapasiteit van 94 700 is dit die grootste stadion in Afrika.
Die stadion het sedert sy konstruksie in 1987 as die FNB-stadion bekend gestaan, maar is tydelik na Sokkerstad herdoop om aan FIFA se neutrale borgskap-vereistes te voldoen.[5]
In 1990 het Nelson Mandela sy eerste vrye toespraak in die stadion gelewer, nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is. Op 10 Desember 2013 is sy internasionale roudiens hier gehou.[6][7] Dit was ook die tuiste van Chris Hani se begrafnis.[6]
Dit was ook die plek vir die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, wat tussen Nederland en Spanje beslis is. Tydens die wêreldbeker se sluitingseremonie op die dag van die eindstryd het Nelson Mandela sy laaste openbare verskyning hier gemaak.[8]
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Afrikanasiesbeker 1996
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Afrikanasiesbeker 1996.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
13 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 3–0 | Kameroen | Groep A (opening) | 80 000 |
15 Januarie 1996 | Egipte | 2–1 | Angola | Groep A | 6 000 |
18 Januarie 1996 | Kameroen | 2–1 | Egipte | Groep A | 4 000 |
20 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 1–0 | Angola | Groep A | 30 000 |
24 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 0–1 | Egipte | Groep A | 20 000 |
25 Januarie 1996 | Zaïre | 2–0 | Liberië | Groep C | 3 000 |
27 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 2–1 | Algerië | Kwarteindronde | 80 000 |
31 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 3–0 | Ghana | Halfeindronde | 80 000 |
3 Februarie 1996 | Ghana | 0–1 | Zambië | Klein finale | 80 000 |
3 Februarie 1996 | Suid-Afrika | 2–0 | Tunisië | Eindstryd | 80 000 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Die stadion is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 ingespan as een van die 10 stadia waar wedstryde gespeel is. Benewens die openingswedstryd en eindstryd, is by die stadion gespeel:
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
11 Junie 2010 | 16:00 | Suid-Afrika | 1–1 | Meksiko | Groep A (opening) | 84 490 |
14 Junie 2010 | 13:30 | Nederland | 2–0 | Denemarke | Groep E | 83 465 |
17 Junie 2010 | 13:30 | Argentinië | 4–1 | Suid-Korea | Groep B | 82 174 |
20 Junie 2010 | 20:30 | Brasilië | 3–1 | Ivoorkus | Groep G | 84 455 |
23 Junie 2010 | 20:30 | Ghana | 0–1 | Duitsland | Groep D | 83 391 |
27 Junie 2010 | 20:30 | Argentinië | 3–1 | Meksiko | Agste eindronde | 84 377 |
2 Julie 2010 | 20:30 | Uruguay | 1–1 (4–2 n.S.) | Ghana | Kwarteindronde | 84 017 |
11 Julie 2010 | 20.30 | Nederland | 0–1 (e.t.) | Spanje | Eindstryd | 84 490 |
Afrikanasiesbeker 2013
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Afrikanasiesbeker 2013.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
19 Januarie 2013 | Suid-Afrika | 0–0 | Kaap Verde | Groep A (opening) | 50 000 |
19 Januarie 2013 | Angola | 0–0 | Marokko | Groep A | 25 000 |
10 Februarie 2013 | Nigerië | 1–0 | Burkina Faso | Eindstryd | 85 000 |
Rugby
[wysig | wysig bron]Die stadion is ook sedert 2010 vir die eerste keer vir rugbywedstryde gebruik. Die Springbokke het op 21 Augustus 2010 tydens die 2010-Drienasiesreeks hier teen die All Blacks gespeel.
Konstruksie
[wysig | wysig bron]Die ENB-stadion het 'n massiewe opgradering vir die 2010 Wêreldbeker ondergaan. Die stadion se nuwe ontwerp is deur die vorm van 'n Afrikapot geïnspireer.[9]
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van stadions in Suid-Afrika
- Eerste Nasionale Bank, die stadion se eienaars.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Soccer City". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2019. Besoek op 30 Junie 2008.
- ↑ (en) "Stadia". Suid-Afrikaanse Sokkervereniging. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2012. Besoek op 30 Junie 2008.
- ↑ (en) "2010 FIFA World Cup – the beautiful game". Eerste Nasionale Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2007. Besoek op 30 Junie 2008.
- ↑ (en) Lucille Davie (23 Januarie 2007). "Soccer goes back 120 years in Joburg". City of Johannesburg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2011. Besoek op 30 Junie 2008.
- ↑ (af) Storm bars los oor Soccer City ná WB Geargiveer 19 Julie 2010 op Wayback Machine, Nuus24, 17 Julie 2010.
- ↑ 6,0 6,1 (en) 2010 FIFA World Cup – Soccer City Geargiveer 29 Augustus 2019 op Wayback Machine. In: fifa.com. Besoek op 10 Junie 2010.
- ↑ (en) "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2014. Besoek op 28 Junie 2015.
- ↑ (en) "Nelson Mandela, South Africa's anti-apartheid icon, dies aged 95". The Telegraph. Besoek op 10 Desember 2013
- ↑ (en) "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2009. Besoek op 13 Augustus 2010.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie ENB-stadion.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |