Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bafana-Bafana tydens 'n opwarmingswedstryd.

Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan of Bafana-Bafana is Suid-Afrika se nasionale sokkerspan wat deur die Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie bestuur word. Hulle keer in 1992 terug tot die wêreldarena nadat hulle vir jare deur FIFA verban was.

Hulle het die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in Junie 2010 aanbied nadat hulle die Konfederasiebeker suksesvol in 2009 aangebied het. Hiermee is hulle is die eerste Afrika-land wat geleentheid gegun is om die Wêreldbekertoernooi aan te bied.

Die span behaal in Augustus 1996 die 16de plek op die FIFA-wêreldranglys, die hoogste posisie wat hulle beklee het. In Desember 1992 bereik hulle hul laagste plek met die 124de posisie op die wêreldranglys.

Die span word tans deur Gordon Igesund afgerig.

Deelname aan die FIFA-Wêreldbeker[wysig]

Suid-Afrika was tussen 1966-1974 uitgesluit van deelname. Tussen 1978 en 1990 was Suid-Afrika nie 'n FIFA-lid nie. In 1992 speel Suid-Afrika sy eerste Wêreldbeker kwalifikasie-wedstryd.

1994 · Nie gekwalifiseer nie
1998 · Eerste ronde

2002 · Eerste ronde
2006 · Nie gekwalifiseer nie

2010 · Eerste ronde (Organiseerder)

Deelname aan die Konfederasiebeker[wysig]

1997 · Eerste ronde

2009 · Vierde

Deelname aan die Afrikabeker[wysig]

1957 · Gediskwalifiseer
1994 · Nie gekwalifiseer nie
1996 · Wenner
1998 · Tweede

2000 · Derde
2002 · Kwarteindrondte
2004 · Eerste ronde

2006 · Eerste ronde
2008 · Eerste ronde
2010 · Nie gekwalifiseer nie

Deelname aan die Afrika-kampioenskappe van Nasies[wysig]

2009 · Nie gekwalifiseer nie

Deelname aan die COSAFA-beker[wysig]

Suid-Afrika is een van die lande wat aan die COSAFA-beker deelneem.

1997 · Nie deelgeneem nie
1998 · Kwarteindstryd
1999 · Kwarteindstryd
2000 · Derde
2001 · Kwarteindstryd

2002 · Wenner
2003 · Kwarteindstryd
2004 · Eerste ronde
2005 · Derde

2006 · Eerste ronde
2007 · Wenner
2008 · Wenner *
2009 · Vierde *

* Deelname deur 'n B-elftal (bestaande uit tweede divisiespelers).

Top-spelers[wysig]

Meeste wedstryde[wysig]

Speler Loopbaan Wedstryde (Doele)
Shaun Bartlett 1995-nou 74 (28)
John Moshoeu 1993-2004 73 (8)
Lucas Radebe 1992-2003 70 (2)
Andre Arendse 1995-2004 67 (0)
Helman Mkhalele 1994-2001 66 (7)
Mark Fish 1993-2004 62 (2)
Benni McCarthy 1997-nou 62 (28)
Delron Buckley 1998-nou 60 (9)
Phil Masinga 1992-2001 58 (19)
Siyabonga Nomvethe 1999-nou 56 (13)

Meeste doelskoppe[wysig]

Speler Lookbaan Doele (Wedstryde)
Shaun Bartlett 1995-nu 28 (74)
Benni McCarthy 1997-nu 28 (62)
Phil Masinga 1992-2001 19 (58)
Siyabonga Nomvethe 1999-nu 13 (56)
Donald Wilson 1947 11 (9)
Johnny Claessens 1947-1953 9 (10)
Peter Hughes 1955 9 (5)
Mark Williams 1992-1997 9 (23)
Doctor Khumalo 1992-2001 9 (50)
Delron Buckley 1998-nu 9 (60)

Bekende (oud-)spelers[wysig]

Benni McCarthy
John Moshoeu

Bernard Parker
Steven Pienaar

Lucas Radebe

Hans Vonk