Loftus Versfeld
Vodacom Loftus Versfeld | ||
Vorige name | Minolta Loftus, Securicor Loftus, Oostelike Sportgronde | |
---|---|---|
Ligging | Pretoria, Suid-Afrika | |
Koördinate | 25°45′11.57″S 28°13′22.75″O / 25.7532139°S 28.2229861°O | |
Eienaar | Blou Bulle Maatskappy (Edms.) Bpk | |
Kapasiteit | 51 762 (vir sokker en rugby) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 1906 | |
Gebou | 1914 | |
Geopen | 1923 | |
Renovasie | 1972, 1974, 1977, 1984, 1989, 1995, 2009 | |
Huurders | ||
Die Blou Bulle Bulls (Superrugbyspan) Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns sokkerklubs |
Loftus Versfeld is 'n sportstadion in Pretoria, Suid-Afrika. Die stadion het sitplek vir 51 762 mense en het ook losies en 'n verskeidenheid ander fasiliteite. Dit is vernoem na Robert Loftus Owen Versfeld, die stigter van die Pretoriase sportorganisasie. Dit is die tuisveld van twee rugbyklubs (Blou Bulle en Bulls) en twee sokkerklubs (Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns).
Klein verbouings is aangebring om Loftus Versfeld tydens die eerste en tweede rondtes van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 te kon gebruik.[1][2] Verligting van die veld, klanktoerusting, telborde en die stadion se dak is verbeter. Die opknappings is in Januarie 2009 voltooi.[3][4]
Die stadion se hoofingang is by Kirknessstraat 440, en is geleë in 'n driehoek tussen Arcadia, Sunnyside en Hillcrest, aangrensend aan die Universiteit van Pretoria en Afrikaanse Hoër Seunskool.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Opwarmingswedstryd tussen Suid-Afrika en Uruguay, 2010 FIFA Wêreldbeker.
-
Kameroen teen Denemarke, 2010 FIFA Wêreldbeker.
Wedstryde en toernooie
[wysig | wysig bron]Rugbywêreldbeker 1995
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 1995.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
26 Mei 1995 | Frankryk | 38–10 | Tonga | Groep D | 25 000 |
30 Mei 1995 | Skotland | 41–5 | Tonga | Groep D | 21 000 |
3 Junie 1995 | Frankryk | 22–19 | Skotland | Groep D | 40 000 |
11 Junie 1995 | Nieu-Seeland | 48–30 | Skotland | Kwarteindronde | 20 000 |
22 Junie 1995 | Frankryk | 19–9 | Engeland | Klein finale | 45 000 |
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
15 Junie 2009 | 20:30 | Verenigde State | 1–3 | Italië | Groep B | 34 341 |
18 Junie 2009 | 16:00 | Verenigde State | 0–3 | Brasilië | Groep B | 39 617 |
21 Junie 2009 | 20:30 | Italië | 0–3 | Brasilië | Groep B | 41 195 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
13 Junie 2010 | 16:00 | Serwië | 0–1 | Ghana | Groep D | 38 833 |
16 Junie 2010 | 20:30 | Suid-Afrika | 0–3 | Uruguay | Groep A | 42 658 |
19 Junie 2010 | 20:30 | Kameroen | 1–2 | Denemarke | Groep E | 38 074 |
23 Junie 2010 | 16:00 | Verenigde State | 1–0 | Algerië | Groep C | 35 827 |
25 Junie 2010 | 20:30 | Chili | 1–2 | Spanje | Groep H | 41 958 |
29 Junie 2010 | 16:00 | Paraguay | 0–0 (5–3 n.S.) | Japan | Agtste eindrondte | 36 742 |
Internasionale boks
[wysig | wysig bron]Op 20 Oktober 1979, het die Suid-Afrikaanse swaargewigbokser, Gerrie Coetzee, die onoorwonne Amerikaanse swaargewig John Tate op Loftus uitgedaag vir die vakante WBA Wêreldswaargewigtitel voor 'n rekordskare van 80 000 toeskouers. Ondanks massiewe ondersteuning in die stadion het Coetzee met punte verloor teen die Amerikaner. Die duurste krytsitplekke is plat op die rugbyveld uitgeplaas, terwyl toeskouers op die (agterste) staalpawiljoene maar hul verkykers moes byderhand hou om die aksie te volg.
Musiekkonserte
[wysig | wysig bron]Loftusstadion het reeds vele musiekbyeenkomste gehuisves, insluitend konserte deur UB40 en Robbie Williams se Close Encounters Tour op 17 April 2006 (bywoningstal meer as 60 000). Kanadese superster Celine Dion het ook haar Taking Chances Tour oor twee aande hier aangebied op 16 en 17 Februarie 2008 met 'n totale bywoning van ongeveer 80 000.
Vir die 1999-opvoering van Verdi se opera Aida, is honderde plaaslike "ekstras" ingespan as rugsteun vir internasionale musikante en sangers.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Five new stadiums on track for 2010". Creamer Media's Engineering News. 20 Junie 2008. Besoek op 21 Junie 2008.
- ↑ "How host cities are shaping up: Pretoria" (in Engels). The Times. 23 November 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2008. Besoek op 21 Junie 2008.
- ↑ Lebogang Seale (12 Februarie 2008). "2010 soccer stadiums under Fifa spotlight". Saturday Star. Besoek op 21 Junie 2008.
- ↑ "First World Cup stadium completed" (in Engels). BBC. 4 Februarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2009. Besoek op 4 Februarie 2009.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Loftus Versfeld.