Ekonomiese streek Sentraal-Swartgrond
Voorkoms
Die ekonomiese streek Sentraal-Swartgrond (Russies: Центра́льно-Чернозёмный экономи́ческий райо́н, Tsentralno-Tsjernozjomni ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland.
Die streek is 167 700 km2 groot en die bevolking is 7,5 miljoen volgens die 2002-sensus. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 45/km2.
Die belangrikste ekonomiese sektor is landbou, waarvoor die streek se vrugbare swart grond (tsjernozjom) ideaal is. Daar is dus ’n groot voedselnywerheid. Metallurgie is ook belangrik en by Koersk word ystererts ontgin. Die belangrikste stroomvoorsieners is die kernsentrales by Nowoworonezj en Koersk.
Deelgebiede
[wysig | wysig bron]Die volgende deelgebiede val in die streek:
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia