Zabaikalski-krai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Zabaikalski-krai
Забайкальский край
Die ligging van Zabaikalski-krai in Rusland.
Die ligging van Zabaikalski-krai in Rusland.
Politieke status
Land Flag of Russia.svg Russiese Federasie
Federale distrik Siberiese
Ekonomiese streek Oos-Siberiese
Stigting 1 Maart 2008
Regering
Hoofstad Tsjita
Leier Konstantin Ilkofski
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Raad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 1 107 107
Volgorde 47ste
Digtheid 2,57/km2
Stedelik 65,9%
Plattelands 34,1%
Statistiek
Oppervlakte 431 500 km2
Volgorde 10de
Tydsone UTC+10:00
Registrasienommer 91
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.e-zab.ru
Wapen en vlag
Coat of arms of Zabaykalsky Krai.svg

Flag of Zabaykalsky Krai.svg
Portaal  Portaalicoon   Rusland

Zabaikalski-krai (Russies: Забайкальский край) is genoem na die geografiese gebied Transbaikal ("agter die Baikal") en is sedert 1 Maart 2008 ’n krai van Rusland. Dit het ontstaan deur die samesmelting van die oblast Tsjita en die outonome distrik Aga-Boerjatië nadat ’n referendum daaroor op 11 Maart 2007 gehou is. Meer as 90% van die inwoners het daarvoor gestem.

Volgens die sensus van 2002 het die gebied 1 155 346 inwoners, waarvan Russe 1 037 502, of 89,8%, uitmaak, Boerjate 70 457, of 6,1%, en Oekraïners 11 843, of 1,03%.

Daar is reeds planne om die nuwe gebied later te laat saamsmelt met die outonome republiek Boerjatië en die saamgevoegde Irkoetsk-oblast om die Baikal-krai te vorm.

Rawil Geniatoelin, goewerneur van die Tsjita-oblast, is op 5 Februarie 2008 verkies tot goewerneur van Zabaikalski-krai deur die meerderheid van doema-afgevaardigdes van Tsjita en Aga-Boerjatië. Hy is sedert 1 Maart 2008 in die amp.[1]

Geografie[wysig]

Die krai het buitelandse grense met Sjina (998 km) en Mongolië (868 km) en binnelandse grense met Irkoetsk- en Amoer-oblast, sowel as met Boerjatië.

Groot stede en dorpe[wysig]

  • Tsjita (Чита) – 316 643 inwoners
  • Krasnokamensk (Краснокаменск) – 55 920
  • Borzja (Борзя) – 31 460
  • Petrofsk-Zabaikalski (Петровск-Забайкальский) – 21 164
  • Nertsjinsk (Нерчинск) – 15 748
  • Balei (Балей) – 14 797
  • Sjilka (Шилка) – 14 748
  • Sjerlowaja Gora (Шерловая Гора) – 14 623
  • Mogotsja (Могоча) – 13 282
  • Perwomaiski (Первомайский) – 13 098
  • Tsjernisjefsk (Чернышевск) – 13 031
  • Karimskoje (Карымское) – 12 440
  • Aginskoje (Агинское) – 11 717
  • Chilok (Хилок) – 11 152
  • Zabaikalsk (Забайкальск) – 10 210

Verwysings[wysig]

Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg