Orjol-oblast
Orjol-oblast Орловская область | ||||
Die ligging van Orjol-oblast in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Sentrale | |||
Ekonomiese streek | Sentrale | |||
Stigting | 27 September 1937 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Orjol | |||
Leier | Andrei Klychkof | |||
Amp | Goewerneur | |||
Wetgewer | Oblast-raad van Volksafgevaardigdes | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2019 | |||
Totaal | 739 467 | |||
Volgorde | 64ste | |||
Digtheid | 30,0/km² | |||
Stedelik | 67,47% | |||
Plattelands | 32,53% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 24 652 km² | |||
Volgorde | 71ste | |||
Tydsone | UTC+03:00 | |||
Registrasienommer | 57 | |||
Amptelike tale | Russies | |||
Webtuiste | http://www.adm.orel.ru/ | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Orjol-oblast (Russies: Орло́вская о́бласть, Orlofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Sentrale Federale Distrik en die hoofstad is Orjol. Die oblast grens aan Kaloega- en Toela-oblast in die noorde, Brjansk-oblast in die weste, Koersk-oblast in die suide en Lipetsk-oblast in die ooste. Van noord na suid is dit sowat 150 km lank en van oos na wes 200 km. Dit is een van die kleinste Russiese streke (24 652 km², met ’n bevolking van sowat 860 000).[1]
Orjol-oblast het in 1937 ontstaan uit drie ander oblaste: Koersk, Wes en Woronezj.
Geografie
[wysig | wysig bron]Die oblast lê in die middel van die Russie hoogland in die steppe. Daar is 4 800 km² vrugbare, swart grond (tsjernozjom) in die streek – dit is sowat driekwart van die wêreld se totale tsjernozjom-gebied.[1]
Klimaat
[wysig | wysig bron]Die klimaat is gematig kontinentaal; die gemiddelde temperatuur in Januarie is -9 tot -11 ºC en in Julie 19 tot 21 ºC. Die somers in oblast is warm en sonnig.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel en:Oryol Oblast
- ↑ 1,0 1,1 "Orel Region" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2011. Besoek op 29 November 2006.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Oorig oor Orjol-oblast (koerant Kommersant – in Engels)