Gansbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gansbaai
Die Danger Pointligtoring by Gansbaai.
Die Danger Pointligtoring by Gansbaai.
Ligging van Gansbaai op 'n kaart (Wes-Kaap)
Gansbaai
Gansbaai
 Gansbaai se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°34′58″S 19°21′8″O / 34.58278°S 19.35222°O / -34.58278; 19.35222Koördinate: 34°34′58″S 19°21′8″O / 34.58278°S 19.35222°O / -34.58278; 19.35222
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Overberg
Munisipaliteit Overstrand
Stigting 1881
Oppervlak[1]
 - Dorp 12,44 km²  (4,8 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 11 598
 - Digtheid 932/km² (2 413,9/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Swart 45.2%
 • Kleurling 29.7%
 • Indiër/Asiër 0.3%
 • Blank 24.5%
 • Ander 0.4%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 53.2%
 • Xhosa 39.8%
 • Engels 3.5%
 • Suid-Sotho 1.6%
 • Ander 1.9%
Poskode (straat) 7220
Skakelkode(s) 028
Gedenkplaat wat die vergaan van die Birkenhead gedenk.

Gansbaai is 'n klein dorpie in die Overberg-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, sowat 40 km vanaf Hermanus. Dit lê in dieselfde baai as Hermanus (nl. Walkerbaai), bekend vir sy walvisse wat vanaf Junie tot November gesien kan word. Die naam is afkomstig van die wilde ganse wat volop in die omgewing was. Die name van die vistreilers wys die verbintenis: Berggans, Sneeugans, Stormgans, Vleigans en Wildegans.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp se ontstaan gaan saam met die HMS Birkenhead wat 1852 by Danger Point vergaan het. 'n Paar van die oorlewendes het hulle hier gevestig en 'n sukkelbestaan gevoer. Die groot probleem was die groot afstande na die vismark. Daar het verligting gekom tydens die Tweede Wêreldoorlog toe die vraag na vitamien A groot was. Die vaalhaai, wat volop was in Gansbaai, is 'n bron van dié vitamien en 'n verwerkingsfabriek is gebou. Na die oorlog het die aanvraag gedaal en die vissers het weer 'n sukkelbestaan gevoer. In 1952 het die skoolhoof, JR Barnard, gehelp met die vestiging van 'n koöperatiewe vissery. Markte is gevind vir haaivleis en die haaivinne is uitgevoer na die Verre Ooste. Die hawe is ook groter gemaak en 'n vismeelfabriek is in 1963 gebou.

Gansbaai was in die 1960s 'n gewilde ongerepte vakansiebestemming met minimale dienste en grondpaaie.

Wapen[wysig | wysig bron]

Gansbaai se munisipale raad het in 1963 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer : In blou, in die skildvoet 'n vuurtoring en in die skildhoof 'n vlieënde seemeeu van natuurlike kleur, die kante rond uitgesny van silwer elk belaai met 'n regopgeplaaste rooi vis.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Gansbaai”. Sensus 2011.
  2. Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 3183 (26 April 1963).