Gebruikerbespreking:Wyatt Tyrone Smith

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Welkom[wysig bron]

Hallo Wyatt Tyrone Smith, hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia!
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 94 687 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.

KabouterBot (kontak) 19:23, 19 Januarie 2019 (UTC)

Styl om te gebruik op Afrikaanse wiki[wysig bron]

Hi Wyatt Tyrone Smith, weereens welkom hier!

Gaan kyk asb wat ek by jou nuwe artikel Jerry Andrus verander het. "Rooi" geskakelde kategorieë bestaan nie en mag streng gesproke nie gebruik word nie!

Ek dink nie jy moet vertalings net so "oorgooi" uit die engelse wiki nie! Dis ook onaanvaarbaar om enige ander taal se wiki as oorspronklike bron/verwysing te kwoteer, hoe korrek dit ookal is. Dit mag nie!! Daar is probleme met kopiereg, en sou bv. die Latynse wiki ophou bestaan, is al daai verwysings na 'n oorspronklike artikel in sy maai.

Al die verwysings se datumformaat moet ook vertaal word: ons wil nie May 12, 1982 hier sien nie: dis Britse styl!!

Gee asb dringend aandag aan hierdie foutjies, asb.

Groete, --Aliwal2012 (kontak) 19:18, 14 Maart 2019 (UTC)

Hi Aliwal2012, dankie dat jy al klaar die datums reg gemaak het. Ek sal daarna streef om die standaarde wat u uiteengesit het, te bereik. Met betrekking tot die kopiëreg kan ek sien dat dit 'n probleem sou wees. Ek wou eintlik die vloei van die oorspronklike behou, maar ek sien dat ek meer van my eie bewoording moet gebruik. Ek neem aan dat dit minder van 'n probleem sou wees wanneer ek bladsye vertaal wat ek self geskryf het. Weereens, dankie. Wyatt Tyrone Smith (kontak) 20:05, 14 Maart 2019 (UTC)

Skryfweek Maandag, 23 September 2019 – Sondag, 29 September 2019[wysig bron]

Hallo, Wyatt Tyrone Smith, onthou asb. om onderwerpe te nomineer vir volgende week se skryfweek! Namibië loop tans voor, met Indonesië in die tweede plek! – K175 (gesels met my | my bydraes) 16:32, 22 September 2019 (UTC)

Jane Duncan (akademikus)‎[wysig bron]

Gebruiker:Wyatt Tyrone Smith, het hierdie dame dalk 'n geboortedatum? Groete! Oesjaar (kontak) 17:22, 30 Desember 2019 (UTC)

@Oesjaar: Ek soek nog daarna.

Ontkiemingskompetisie[wysig bron]

Baie geluk met 3de plek! Dankie vir al jou bydraes. Laat asb weet as jy enige voorstelle het vir die kompetisie. Laat asb weet waarna ek jou prys kan stuur, of jy kan my kontak by rossouwvr@gmail.com. Dumbassman (kontak) 13:37, 17 Januarie 2020 (UTC)

@Dumbassman: Dankie. Kan jy dit asb. na my kontak e-pos adres stuur: wyatt.tyrone.smith@gmail.com? Wyatt Tyrone Smith (kontak) 14:53, 17 Januarie 2020 (UTC)
Reg so, ek het dit nou na daai mail gestuur. Geniet! Dumbassman (kontak) 13:15, 19 Januarie 2020 (UTC)

Nicoli Nattrass[wysig bron]

Hallo daar Tyrone, sy't "wrongthink" gepleeg né; Orwell sal nie kan glo wat nou aangaan nie, sy ergste distopiese visioene is besig om voor ons oë af te speel! Groete.Charlielv55 (kontak) 19:11, 11 Junie 2020 (UTC)

@Charlielv55: Ongelukkig waar en 'n teken van die mal tyd waarin ons nou leef. Groete, Wyatt. Wyatt Tyrone Smith (kontak) 19:18, 11 Junie 2020 (UTC)
Net so Tyrone, net so:) Groete.Charlielv55 (kontak) 19:28, 11 Junie 2020 (UTC)

Weesbladsye[wysig bron]

@Wyatt Tyrone Smith:, ek het toevallig op jou gebruikersblad al die vername persone gesien wat jy geskep het, die meeste is egter weesbladsye. Indien jy hulle geboortedatums en steftedatum skep op die dag- en jaartalle sal die weesbladsy probleem verby wees. Ek het Terence Macleane Salter gedoen as 'n voorbeeld. Groete! Oesjaar (kontak) 17:31, 10 Augustus 2020 (UTC)

@Oesjaar: Dankie! Ek sal dit doen as ek vrye tyd kry. Wyatt Tyrone Smith (kontak) 18:00, 10 Augustus 2020 (UTC)

Mhlobo Jadezweni[wysig bron]

@Wyatt Tyrone Smith: jy het twee verskillende geborrtedatums in die artikel! Oesjaar (kontak) 17:42, 25 Augustus 2020 (UTC)

@Oesjaar: Oeps! Dankie, ek sal dit reg maak. Wyatt Tyrone Smith (kontak) 17:47, 25 Augustus 2020 (UTC)

Halogenoareen[wysig bron]

@Wyatt Tyrone Smith: bogenoemde artikel verwys. Jy gebruik die woord Bensyn in die artikel. Is dit dieselfde as benseen? Groete! Oesjaar (kontak) 08:05, 14 Oktober 2020 (UTC)

Haai @Oesjaar: Nee hulle is twee verskillende goed. Benseen is Benzene in Engels, terwyl Bensyn die Engelse Bezyne is. Ek moet nog die bladsy oor Besyn skryf. Wyatt Tyrone Smith (kontak) 10:20, 14 Oktober 2020 (UTC)
Haai @Oesjaar: Lyk my ek het dit verkeerd gespel. Dit behoord Besien te wees. Wyatt Tyrone Smith (kontak) 15:01, 14 Oktober 2020 (UTC)