Gaan na inhoud

Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Konstantinowitsj en die van is Romanof.

Dmitri Konstantinowitsj
Groothertog

Huis Romanof
Vader Groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland
Moeder Alexandra van Sakse-Altenburg
Gebore (1860-06-13)13 Junie 1860,
Strelna, Sint Petersburg, Russiese Ryk
Oorlede 28 Januarie 1919 (op 58),
Petrus-en-Paulusfort, Petrograd, Sowjetunie

Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland (Russies: Дми́трий Константи́нович; 13 Junie 1860 - 28 Januarie 1919) was die seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III.

Hy het ’n loopbaan in die Russiese keiserlike weermag gevolg. Hoewel hy nooit ’n politieke rol vervul het nie, is hy in Januarie 1919 as lid van die Romanof-familie en kleinneef van tsaar Nikolaas II in die binnehof van die Petrus-en-Paulusfort in Sint Petersburg deur ’n vuurpeloton doodgeskiet.

Sy lyk is saam met dié van ander Romanof-groothertoë in ’n gesamentlike graf gegooi, maar sy toegewyde voormalige adjudant, kolonel Alexander von Leiming, het dit die volgende oggend gaan uithaal, in ’n mat toegerol en in ’n private tuin in Petrograd begrawe, waar dit vandag nog is.[1]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. King, Greg & Wilson, Penny, Gilded Prism, Eurohistory, 2006, ISBN 0-9771961-4-3, bl. 184

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]