Jeffreysbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jeffreysbaai
(en) Jeffreys Bay
Bynaam: J-Bay
Ligging van Jeffreysbaai op 'n kaart (Oos-Kaap)
Jeffreysbaai
Jeffreysbaai
 Jeffreysbaai se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 34°02′S 24°55′O Koördinate: 34°02′S 24°55′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Cacadu
Munisipaliteit Kouga
Stigting 1849
Oppervlak[1]
 - Dorp 20,79 km²  (8 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 27 107
 - Digtheid 1 304/km² (3 377,3/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 37.5%
 • Kleurling 22.7%
 • Indiër/Asiër 0.2%
 • Blank 38.9%
 • Ander 0.7%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 54.4%
 • Xhosa 28.8%
 • Engels 11.8%
 • Ander 5.0%
Poskode (straat) 6330
Poskode (posbus) 6330
Skakelkode(s) 042

Jeffreysbaai (Engels: Jeffreys Bay of J-Bay) is 'n vakansiedorp in die suidwestelike Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is 20 km oos van Humansdorp geleë en val onder beheer van die Kouga Plaaslike Munisipaliteit.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die dorp het ontstaan as 'n hawe en handelspos deur 'n walvisjagter, J.A. Jeffrey in 1849. Die Portugese ontdekkingsreisiger Manuel Perestrelo het in 1575 reeds hier geland.

Omgewing[wysig | wysig bron]

Jeffreysbaai is internasionaal bekend vir branderplankryery, veral in die wintermaande. Internasionale kompetisies word gereeld hier gehou. Die baai is ook bekend vir sy skulpies. Die eenvertrek-Charlotte Kritzinger-skulpmuseum is hier gevestig, en met 600 soorte mossels uit alle oseane beskik dit oor een van die beste versamelings ter wêreld.[2] Dolfynstrand is as 'n blouvlagstrand gesertifiseer.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Jeffreysbaai”. Sensus 2011.
  2. Marion Boddy-Evans: 1001 Moet-sien-plekke. Kaapstad: Struik 2006, bl.243

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]