Konstantyn III Herakleios

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Konstantyn III
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Konstantyn uitbeeld saam met sy pa en broer.
’n Muntstuk wat Konstantyn uitbeeld saam met sy pa en broer.
Bewind Februarie 641 – Mei 641
Volle naam Heraclius Novus Constantinus
Dinastie Herakleios
Gebore 3 Mei 612
Oorlede Mei 641
Voorganger Herakleios
Opvolger Heraklonas
Eggenote Gregoria
Kinders Constans II
Theodosius
Manyanh
Vader Herakleios
Moeder Eudokia

Konstantyn III (Latyn: Heraclius Novus Constantinus, Grieks: Ἡράκλειος νέος Κωνσταντῖνος; 3 Mei 612 – Mei 641) was die Bisantynse keiser vir vier maande in 641. Hy was die oudste seun van keiser Herakleios en sy eerste vrou, Eudokia.

Konstantyn se geboortenaam was Herakleios die Nuwe Konstantyn en dit was sy amptelike naam tydens sy bewind. In latere Bisantynse en die meeste moderne geskrifte word hy net Konstantyn genoem.

Hy is op 22 Januarie 613 deur sy pa tot medekeiser verklaar en is aan sy kleinniggie, Gregoria, as man beloof. Sy was die dogter van sy pa se neef, Nicetas. Hulle is in 629 of dalk vroeg in 630 getroud en hul eerste kind, Constans is in dieselfde jaar gebore. Hul tweede kind was ook ’n seun, Theodosius. Hulle het ook ’n dogter, Manyanh, gehad wat later met ’n Persiese koning getroud is.

Konstantyn het alleenheerser geword toe sy pa in 641 dood is. Hy het regeer saam met sy halfbroer, Heraklonas, die seun van Herakleios se tweede vrou, Martina. Konstantyn is ná net vier maande aan tering dood en Heraklonas het die alleenheerser geword. ’n Gerug dat Martina Konstantyn vergiftig het, het eers daartoe gelei dat Constans II as medekeiser aangestel is. Martina en haar seuns is daarna afgesit, vermink en verban.

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Oxford Dictionary of Byzantium, Oxford University Press, 1991.