Romanos III Argyros

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Romanos III Argyros
Keiser van die Bisantynse Ryk
Silwermunt met Romanus III se afbeelding.
Silwermunt met Romanus III se afbeelding.
Bewind 15 November 102811 April 1034
Dinastie Masedoniese
Gebore 968[1]
Hiërapolis
Oorlede 11 April 1034 (op 65/66)
Konstantinopel
Voorganger Konstantyn VIII
Opvolger Michael IV
Gade Zoë Porphyrogenita

Romanos III Argyros (Grieks: Ρωμανός Γ΄ Αργυρός; 968 – 11 April 1034) was van 15 November 1028 tot met sy dood keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was ’n 60-jarige Bisantynse edelman en senior offisier in Konstantinopel toe die sterwende Konstantyn VIII hom dwing om van sy vrou te skei en met die keiser se 50-jarige dogter, Zoë, te trou.[2] Ná Konstantyn se dood drie dae later het Romanos keiser geword.[3]

Bewind[wysig | wysig bron]

Romanos is beskryf as ’n goed bedoelende, maar ondoeltreffende heerser. Hy het die belastingstelsel deurmekaargekrap en die weermag ondermyn.[4] Hy het persoonlik ’n rampspoedige veldtog teen Aleppo aangevoer.[5] Hy het met sy vrou vasgesit en twee pogings om sy bewind oor te neem onderdruk, insluitende twee waarby sy skoonsuster Theodora Porphyrogenita betrokke was. Sy is daarna na ’n klooster gestuur.[6]

Romanos het groot bedrae bestee aan die bou en herstel van kerke en kloosters. Hy is ná ses jaar op die troon dood, na bewering deur sy vrou vergigtig,[2] en is opgevolg deur sy vrou se jong minnaar, Michael IV.[7]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Cheynet & Vannier 2003, p. 68.
  2. 2,0 2,1 Duggan 1997, p. 145.
  3. Ostrogorsky 1969, p. 322.
  4. Ostrogorsky 1957, p. 286.
  5. Wortley 2010, pp. 359–360.
  6. Finlay 1853, p. 471.
  7. Norwich, pg. 279

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Cheynet, J.-C. (2003). “Les Argyroi” (in Frans). Zbornik Radova Vizantološkog Instituta 40: 57–90.
  • Duggan, Anne J. (red.) (1997). Queens and Queenship in Medieval Europe. Rochester: The Boydell Press. ISBN 9780851156576.
  • Finlay, George (1853). History of the Byzantine Empire: from 716 to 1057. Edinburgh. OCLC 906577940.
  • Ostrogorsky, George (1957). History of the Byzantine State. Vertaal deur Hussey, Joan. New Brunswick: Rutgers University Press. OCLC 2221721.
  • Ostrogorsky, George (1969) [1957]. History of the Byzantine State. Vertaal deur Hussey, Joan. New Brunswick: Rutgers University Press. ISBN 9780813505992.
  • Wortley, John (red.) (2010), John Skylitzes: A Synopsis of Byzantine History, 811-1057, Cambridge: Cambridge University Press, ISBN 978-0-521-76705-7 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]