München Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
München Internasionale Lughawe
(de) : Flughafen München
Flughafen munchen logo.png
MunichAirport2010.jpg
IATA: MUCICAO: EDDM
Opsomming
Tipe lughawe Public
Eienaar/Operateur Flughafen München GmbH
Bedien München, Duitsland
Ligging naby Freising
Spil vir
  • Air Dolomiti
  • Condor Flugdienst
  • Lufthansa
  • Lufthansa CityLine
Fokuspunt vir
  • Air Berlin
  • SunExpress Deutschland
  • TUIfly
Hoogte bo seevlak 1 487 vt / 453 m
Koördinate 48°21′14″N 11°47′10″O / 48.35389°N 11.78611°O / 48.35389; 11.78611Koördinate: 48°21′14″N 11°47′10″O / 48.35389°N 11.78611°O / 48.35389; 11.78611
Webtuiste Münchenlughawe
Landkaart
MUC is geleë in Beiere
MUC
Ligging in Beiere
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
08R/26L 4 000 Beton
08L/26R 4 000 Beton
Helikopterblaaie
Aantal Lengte Oppervlak
m vt
H 30 Beton
Statistieke (2013)
Passasiers 38 672 644
Passasiersverskil 2012–2013 Green Arrow Up Darker.svg0,8%
Lugbewegings 381 951
Lugbewegingsverskil 2012–2013 Red Arrow Down.svg4,0%
Bronne: Passasiersbewegings & Lugbewegings, IVF[1]
Duitse Lugvaartinligtingspublikasie deur EUROCONTROL[2]
Münchenlughawe: Sentrale Area met kantoorgeboue, winkels en 'n biertuin, geleë tussen Terminaal 1 (100 m aan die linkerkant) en Terminaal 2
München – Franz Josef Strauss aankomssaal
Münchenlughawe: T1 inweegtoonbanke
Münchenlughawe: Instaparea by Terminaal 1

München Internasionale Lughawe (Duits: Flughafen München; IATA-kode: MUC, ICAO: EDDM) is die internasionale lughawe van München, die hoofstad van Beiere. Dit is die tweede besigste lughawe in Duitsland in terme van passasiersverkeer na die Lughawe Frankfurt, en die sewende besigste lughawe in Europa, met die hantering van 38,7 miljoen passasiers in 2013.[1] Dit is die wêreld se 14de besigste lughawe in terme van internasionale passasiersverkeer,[3] en was die 30ste besigste lughawe wêreldwyd in 2013.[4] Münchenlughawe dien as die sekondêre sentrum vir Lufthansa insluitende Lufthansa-streeks en sy Star Alliance-vennote. Die grootste buitelandse karweier in München in terme van passasiersgetalle is Air Dolomiti.[5]

Die lughawe is 28,5 km (17,7 myl) noord van München geleë naby die ou stad van Freising en is genoem ter nagedagtenis aan die voormalige Beierse Eerste Minister Franz Josef Strauss. Dit beskik oor twee passasiersterminale en twee aanloopbane sowel as uitgebreide vrag- en onderhoudsfasiliteite, en is ten volle in staat om groot vliegtuie soos die Airbus A380 te hanteer.

Openbare weerstand teen 'n nuwe derde aanloopbaan[wysig | wysig bron]

Op 26 Julie 2005 het die Raad van die Flughafen München GmbH (FMG) besluit om, as gevolg van kapasiteitsbeperkinge van die twee bestaande aanloopbane, die plaaslike beplanningsproses aan die gang te sit vir die konstruksie van 'n nuwe derde aanloopbaan.

Tydens die referendum op 17 Junie 2012 in München is die beplande konstruksie van 'n derde aanloopbaan by Münchenlughawe egter verwerp met 'n meerderheid van 54,3% stemme. 32,8% van die burgers van München het aan die stemming deelgeneem. Die fraksies van CSU, SPD, FDP, die Freien Wähler en die Bayernpartei het op 1 Februarie 2012 in München se stadsaal besluit om groot meerderheidsteun aan die begeerte van die Raad te verleen.

Maar selfs voor die alliansie "München teen die derde aanloopbaan" begin het, vanaf Bündnis 90/Die Grünen met die ODP op die linkervleuel, ondersteun deur verskeie omgewings-organisasies, is 'n petisie om 'n ope burgerstemming te hou, ingedien. Die KVR ("Kreisverwaltungsreferat") het die voorgelegde handtekeninge nagegaan; en bevind dat met 31 430 geldige handtekeninge die nodige kworum van 30 831 handtekeninge bereik is (3% van die kiesers in München). Daar is toe op drie vrae gestem: Referendum 1: "vir" of "teen" die Raadsbegeerte vir die verdere lughawe-uitbreiding, of referendum 2: "vir" of "teen" die openbare petisie teen die bou van die derde aanloopbaan. Daarbenewens sou 'n ewekansige vraag bepaal of goedkeuring of afkeuring aan die beplande lughawe-uitbreiding verleen moes word. Die meerderheid burgers het teen die derde aanloopbaan gestem.

Hoewel die een-jaar verbintenistydperk van die burgers se besluit reeds verstryk het, is die konstruksie van die derde aanloopbaan tans polities onmoontlik, aangesien alle besluite in die Algemene Vergadering van Flughafen München GmbH eenparig blyk te wees. Wettige goedkeuring is verleen en daar is op 'n positiewe beplanning besluit deur die regering van Beiere vir die konstruksie van 'n derde aanloopbaan, wat in alle opsigte in 'n uitspraak van die Beierse Administratiewe Hof (VGH) bevestig is op 19 Februarie 2014. Die Stad van München hou 23% van die aandele in die Münchenlughawe, die ander aandeelhouers (Beiere 51% en Wes-Duitsland 26%) bepleit steeds die konstruksie van die derde aanloopbaan.

Statistiek[wysig | wysig bron]

Passasiersgetalle
2000 23 125 872
2001 Green Arrow Up Darker.svg 23 646 900
2002 Red Arrow Down.svg 23 163 720
2003 Green Arrow Up Darker.svg 24 193 304
2004 Green Arrow Up Darker.svg 26 814 505
2005 Green Arrow Up Darker.svg 28 619 427
2006 Green Arrow Up Darker.svg 30 757 978
2007 Green Arrow Up Darker.svg 33 959 422
2008 Green Arrow Up Darker.svg 34 530 593
2009 Red Arrow Down.svg 32 681 067
2010 Green Arrow Up Darker.svg 34 721 605
2011 Green Arrow Up Darker.svg 37 763 701
2012 Green Arrow Up Darker.svg 38 360 604
2013 Green Arrow Up Darker.svg 38 672 644
2014 Green Arrow Up Darker.svg 39 700 515
Bron: ADV

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.