Etihad Airways

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Etihad Airways
EtihadAirways-AbuDhabi-MasterLogo-Eng.jpg
IATA ICAO Roepsein
EY ETD ETIHAD
Gestig2003
HoofspilleAboe Dhabi Internasionale Lughawe
LojaliteitsprogramEtihad Guest
SubsidiêreEtihad Streeks (<100%)
Vlootgrootte89
Bestemmings65 (Oktober 2021)
SitkamerEtihad Premium Lounge
HoofkantoorKhalifastad, Aboe Dhabi, Verenigde Arabiese Emirate[1]
Sleutelpersone
  • Mohamed Mubarak Al Mazrouei (Voorsitter)
  • Tony Douglas (HUB)
OmsetGreen Arrow Up Darker.svg VS$ 6.1 miljard (2013)[2]
Werknemers13 500 (Desember 2020)
Webwerfhttp//www.etihad.com

Etihad Airways (Arabies: شَرِكَة ٱلْاِتِّحَاد لِلطَّيْرَان‎) is die tweede vlagdraer-lugredery van die Verenigde Arabiese Emirate. Die redery se spil is op die Aboe Dhabi Internasionale Lughawe, waar dit ook die meeste van die ruimte in terminaalgeboue met Emirates deel. Etihad het in November 2003 met bedrywighede begin. Dit is die tweede grootste lugredery in die VAE na Emirates. Die naam Etihad is Arabies vir 'Verenigd'.

Die lugredery bedryf meer as 1 000 vlugte per week na meer as 120 passasiers- en vragbestemmings in die Midde-Ooste, Afrika, Europa, Asië, Australië en Noord-Amerika, met 'n vloot van 102 Airbus- en Boeing-vliegtuie sedert Februarie 2020. In 2015 het Etihad 14,8 miljoen passasiers vervoer, 'n toename van 22,3% vanaf die vorige jaar, wat 'n inkomste van VS$9,02 miljard en netto wins van VS$103 miljoen gelewer het.

Benewens sy kernaktiwiteit van passasiersvervoer, bedryf Etihad ook Etihad Holidays en Etihad Cargo. Etihad het sy lugredery-alliansie, Etihad Airways Partners, in Oktober 2015 gestig wat in 2018 ontbind is nadat verskeie van sy lede in finansiële moeilikheid beland het. Etihad Airways hou minderheidsaandele in die deelnemende lugrederye, sowel as 'n belang in Virgin Australia, tot sy insolvensie in April 2020 geen opbrengs op belegging gelewer het nie. Bespreking vir hierdie lugdienste is onder een netwerk gekonsolideer.

Hoofkantoor[wysig | wysig bron]

Etihad se hoofkantoor is in Khalifa-stad, Aboe Dhabi, naby Aboe Dhabi Internasionale Lughawe. Etihad het in 2007 183,6 miljoen VAE-dirhams (US$50 miljoen) bestee om te reël dat sy nuwe hoofkantoor en opleidingsentrum gebou word.

Bestemmings[wysig | wysig bron]

Etihad Airways se bestemmings

Vanaf Junie 2019 bedien Etihad 81 passasiers- en vragbestemmings regoor Afrika, Europa, Noord-Amerika, Asië en Australië vanaf sy spilpunt by Aboe Dhabi Internasionale Lughawe. Totdat die São Paulo-diens aan die einde van Maart 2017 beëindig is, was Etihad Airways een van die min karweiers wat passasiersdienste na al ses bewoonde kontinente gehad het.

Kodedeelooreenkomste[wysig | wysig bron]

Etihad Airways het kodedeelooreenkomste met die volgende lugrederye:[3]

Vloot[wysig | wysig bron]

Borgskappe[wysig | wysig bron]

Etihad Airways is die amptelike borg van die Formule Een Aboe Dhabi Grand Prix wat jaarliks op die Yas Marina-renbaan in Aboe Dhabi gehou word.

Galery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Our offices".
  2. "Etihad Airways Jaarverslag 2012" (PDF). etihad.com. Februarie 2013. Besoek op 2013-10-08.
  3. "Codeshare partner airlines". Etihad Airways.
  4. "Etihad Airways перейдет из "Домодедово" в "Шереметьево"". InterFax. 8 November 2021.
  5. https://www.etihad.com/en/fly-etihad/our-partners
  6. Liu, Jim (22 November 2017). "Etihad / airBaltic expands codeshare partnership in W17". Routesonline. Besoek op 22 November 2017.
  7. 7,0 7,1 7,2 Liu, Jim (16 April 2018). "Etihad expands codeshare routes in 2Q18". Routesonline. Besoek op 16 April 2018.
  8. Liu, Jim (26 April 2019). "Azerbaijan Airlines expands Etihad codeshare partnership in S19". Routesonline. Besoek op 26 April 2019.
  9. "EGYPTAIR and Etihad Airways sign codeshare partnership".
  10. https://www.msn.com/en-us/money/companies/el-al-israel-etihad-air-sign-mou-on-codeshare-loyalty-program/ar-BB1ba00R [dooie skakel]
  11. Maslen, Richard (17 Maart 2013). "Garuda Indonesia Signs Codeshare with Etihad Airways". Routesonline. Besoek op 26 Augustus 2018.
  12. "Etihad / Gulf Air begins codeshare partnership in S19". Routesonline. Besoek op 17 Junie 2019.
  13. "ITA Airways sigla accordo code-share con Etihad Airways" [ITA Airways signs a code-share agreement with Etihad Airways]. borsaitaliana.it. 2021-12-07.
  14. "Etihad and Lufthansa strike code-share deal". 16 Desember 2016.
  15. "Etihad Airways and PIA relaunch codeshare partnership". Etihad Airways.
  16. "Etihad / Saudia plans codeshare partnership from late-Oct 2018". Routesonline. 9 Oktober 2018.
  17. "Etihad signs codesharing deal with French railway". Zawya.com. 6 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Maart 2014. Besoek op 13 November 2015.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.