Malala Yousafzai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Malala Yousafzai
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Malala Yousafzai in Oktober 2015

Geboortenaam ملاله یوسفزۍ
Gebore 12 Julie 1997 (1997-07-12) (20 jaar oud)
Mingora, Khyber Pakhtunkhwa, Pakistan
Nasionaliteit Vlag van Pakistan Pakistan
Ouers Tor Pekai Yousafzai (moeder)
Ziauddin Yousafzai (vader)
Beroep Student, humanitêre aktivis, voormalige blogger vir BBC Urdu
Bekend vir Aktivis vir die reg op onderwys, veral vroulike onderwys
Eerbewyse Nobelprys vir Vrede (2014)
Sakharov-prys, Simone de Beauvoir-prys, Kanadese ereburgerskap, Nasionale Jeug-vredesprys, Sitara-i-Imtiaz
Religie Islam
Webblad malala.org

Malala Yousafzai (Malālah Yūsafzay: Oerdoe: ملالہ یوسفزئی; Pasjtoe: ملاله یوسفزۍ məˈlaːlə jusəf ˈzəj;[1] gebore op 12 Julie 1997) is 'n Pakistaanse student en onderrigaktivis. Sy is veral bekend vir haar aktivisme om meisies en vroue se regte om skool te bywoon. Yousafzai is oorspronklik van die dorp van Mingora in die Swat-distrik van Noord-Wes-Pakistan. In Oktober 2012 het sy 'n slagoffer van 'n skietwond aanval geword. Yousafzai is die jongste persoon wat die Nobelprys vir Vrede ontvang het. Sy het die prys in Oktober 2014 op die ouderdom van sewentienjaar saam met die Indiese aktivis Kailash Satyarthi ontvang.[2]

Lewensloop[wysig | wysig bron]

Malala Yousafzai, 'n dogter van 'n onderwyser, het bekend geword as gevolg van haar stryd om meisies se reg om skool te bywoon. In 2009 het sy op die ouderdom van elfjaar bekendheid verwerf toe sy onder die skuilnaam Gul Makai (koringblom) 'n webjoernaal op die webwerf van die BBC gehou het. In die vorm van 'n dagboek het sy oor die gewelddadighede van die Taliban geskryf.

Terwyl sy op 9 Oktober 2012 in die bus van haar skool teruggekeer het, het ‘n Talibanstryder 'n doelgerigte aanslag op haar gepleeg, waarby sy deur 'n koeël in haar kop en haar nek swaar gewond is. Dokters van 'n Rawalpindiese hospitaal het die koeël uit haar kop verwyder. Die Taliban het steeds gedreig om haar dood te maak.

Op 15 Oktober het sy na Engeland gevlieg, waar sy 'n verdere spesialistiese behandeling gekry het in die Queen Elizabeth Hospital in Birmingham. Daarbenewens was sy meer veilig teen die aanvalle van die Taliban.[3] Haar vader het daar werk gekry sodat haar gesin met haar in die Verenigde Koninkryk kon saambly.

In Januarie 2013 is sy uit die hospitaal ontslaan, maar die in begin van Februarie is sy terug in die Birminghamse hospitaal. ‘n Deel van haar skedel is met 'n prostese van titanium herstel. Sy het 'n kogleêre inplanting op haar linkeroor. Op 8 Februarie het sy die hospitaal uiteindelik verlaat.[4][5][6]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (ps) امنسټي انټرنېشنل پر ملاله یوسفزۍ برید وغانده. BBC Pashto. URL besoek op 11 Oktober 2013.
  2. (en) What Will Malala's Nobel Peace Prize Mean For Girls' Education?”. NPR.org. 15 Oktober 2014. URL besoek op 10 Maart 2015.
  3. (nl) NOS (15 Oktober 2012) Malala in ziekenhuis Birmingham
  4. (nl) De Morgen (30 Januarie 2013) Schedel van Malala wordt met titanium gerepareerd
  5. (nl) Trouw (30 Januarie 2013) Malala terug naar Engeland voor operatie
  6. (en) Guardian (8 Februarie 2013) Malala Yousafzai discharged from hospital

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]