Margaret Mitchell

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Margaret Mitchell
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Margaret Munnerlyn Mitchell
Gebore 8 November 1900
Atlanta, Georgia, Verenigde State
Oorlede 16 Augustus 1949
Atlanta, Georgia, Verenigde State
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep Joernalis, romanskrywer
Bekend vir Gone with the Wind (1936)
Eerbewyse Pulitzerprys vir Fiksie 1937
Huweliksmaat Berrien Kinnard Upshaw
John Robert Marsh

Margaret Munnerlyn Mitchell (8 November 190016 Augustus 1949) was 'n Amerikaanse romanskrywer en joernalis. Sy word hoofsaaklik geken vir haar ikoniese roman Gone with the Wind (1936), die handeling waarvan tydens die Amerikaanse Burgeroorlog plaasvind. Mitchell het die Pulitzerprys vir Fiksie ontvang vir haar roman. Dit is ook deur David O. Selznick en Victor Fleming verwerk in 'n uiters suksesvolle rolprent, wat in 1939 vrygestel is met Vivien Leigh en Clark Gable wat die hoofrolle vertolk.

Mitchell is op die vroeë ouderdom van 48 jaar oorlede weens beserings wat sy opgedoen het nadat iemand met haar motorkar gebots het.