Margate, KwaZulu-Natal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Margate
Margate se hoofstrand
Margate se hoofstrand
Ligging van Margate op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Margate
Margate
 Margate se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 30°51′00″S 30°22′00″O / 30.85000°S 30.36667°O / -30.85000; 30.36667Koördinate: 30°51′00″S 30°22′00″O / 30.85000°S 30.36667°O / -30.85000; 30.36667
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distrik Ugu
Munisipaliteit Ray Nkonyeni
Stigting 1908
Oppervlak[1]
 - Dorp 29,21 km²  (11,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 26 785
 - Digtheid 917/km² (2 375/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 46.9%
 • Indiër/Asiër 3.1%
 • Kleurling 2.2%
 • Swart 47.3%
 • Ander 0.6%
Taal (2011)[1]
 • Engels 35.8%
 • Xhosa 22.5%
 • Afrikaans 19.8%
 • Zoeloe 18.4%
 • Ander 3.5%
Poskode (strate) 4275
Poskode (posbusse) 4275
Skakelkode(s) 039

Margate is 'n kusvakansiedorp aan die KwaZulu-Natalse Suidkus, ongeveer 20 km suid-suidwes van Port Shepstone geleë. Die rivier wat in die see vloei by Margate is bekend as die "Nkongweni"-rivier (plek van onthaal) omdat daar berig word dat die oorspronklike inwoners baie wreed was met reisigers, en dat die reisigers hulle moes smeek vir gasvryheid.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

In 1908, het Henry Richardson, 'n Engelse stadsbeplanner die dorp uitgelê en dit Margate, Kent genoem, na 'n ander kusvakansiedorp aan die noordkus van Kent, in die Verenigde Koninkryk. In 1941 is die nedersetting tot dorpsgebied verklaar en munisipale status het in 1947 gevolg. Die Margate-lughawe is in 1973 sowat 4 km vanaf die dorp geopen.

Vakansieoord[wysig | wysig bron]

Margate beskik oor pragtige strande vir onder andere swem, branderplankry, en snorkel. Daar is ook baie woonstelle wat akkommodasie bied aan inwoners en besoekers. Margate word gekomplimenteer deur 'n afgeslote straat vir inkopies en talle restaurante, kroeë en nagklubs, wat dit 'n gesogte plek onder Suid-Afrikaners en buitelandse besoekers maak; dié spandeer graag hulle vakansies hier.

Die dorp is op sy besigste gedurende skoolvakansies en op openbare vakansiedae wanneer binnelanders na die kus reis. Kersfees en Paasfees is veral besige tye, met Margate se hoofstraat gewoonlik erg beset deur die vakansieverkeer. Margatestrand is as 'n Blouvlagstrand gesertifiseer.

Margate Monster[wysig | wysig bron]

Margate het die wêreld se hoofnuus gehaal in 1922 (alhoewel hierdie datum betwis word, en sommige meen dit is 1924) toe 'n enorme, wit, wollerige kreatuur (gedoop as "Trunko" as gevolg van die groot olifantagtige slurp wat dit gehad het) op die strand uitgespoel het. Ongelukkig was die "Margate Monster" te ver ontbind om dit ordentlik te kon identifiseer.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Margate”. Sensus 2011.

[1]

  1. SA Explorer Margate afstande