Mariebeskuitjie
'n Mariebeskuitjie is 'n soort beskuitjie, soortgelyk aan 'n ryk teebeskuitjie. Dit staan onder andere ook bekend (in verskeie tale) as María, Mariebon, Мария en Marietta.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die beskuitjie is rond en het gewoonlik die naam op sy boonste oppervlak gebosseleer, waarvan die rante ook met 'n ingewikkelde ontwerp gebosseleer is. Dit word gemaak met koringmeel, suiker, palmolie of sonneblomsaadolie en, anders as die ryk teebeskuitjie, is dit tipies vanieljegeurig.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Mariebeskuitjie is in 1874 deur die Londense bakkery Peek Freans geskep om die huwelik van die groothertogin Maria Alexandrovna van Rusland met die hertog van Edinburg te herdenk.[1] Dit het oral in Europa gewild geword, veral in Portugal en Spanje, waar die koekie ná die Burgeroorlog 'n simbool geword het van die land se ekonomiese herstel nadat bakkerye massahoeveelhede daarvan geproduseer het om 'n surplus koring te verbruik.[2]
Verbruik
[wysig | wysig bron]Baie meen dat die gewone geur van Mariekoekies hulle, soos ryk teebeskuitjies, veral geskik maak om in tee te dompel. Ander gewilde metodes om die beskuitjie te eet sluit in om twee beskuitjies te gebruik om 'n toebroodjie met botter en marmite of kondensmelk tussenin te maak; dit te bedek met goue stroop; of dit te verkrummel in vla en jellie (gelatiennagereg). Mariebeskuitjies word gereeld aan kinders bedien, en aan babas wat die beskuitjies, wat in melk saggemaak is, kan inneem as hul eerste "vaste" kos. Mariebeskuitjies is ook 'n algemene bestanddeel in tuisgebakresepte. In Indië is Mariebeskuitjies 'n groot gunsteling om in warm tee gedompel en geniet te word.
In Spanje word natillas-vla tipies bedien met 'n Mariabeskuitjie bo-op.
In Uruguay word hulle bedien, gevul met dulce de leche en besprinkel met gerasperde klapper. In Brasilië word dit in melk geweek en dan in lae sjokolade en vanieljegegeurde vlaroom gestapel, met geklopte room en fyngemaakte kasjoeneute bo-op om pavê te maak, 'n baie gewilde Brasiliaanse nagereg. In Ierland staan die koekies bekend as Marietta en word deur Jacob's vervaardig. In Maleisië gebruik mense dit hoofsaaklik om batikkoek te maak.[3]
Vervaardigers
[wysig | wysig bron]Die belangrikste internasionale vervaardigers (gesorteer volgens landnaam):[4]
Land/streek | Vervaardiger | Handelsmerke |
---|---|---|
Argentinië | Arcor | Maná |
Arcor | Vocación | |
Australië | Arnott's Biscuits Holdings | Marie |
Belarus | Slodych, confectionery factory | Marierta |
Confectionary Factory Spartak | Mariya (Мария) | |
België | Delacre | Maria |
Brasilië | Fábrica Fortaleza | Maria |
Piraquê | Maria | |
Richester | Maria | |
Vitarella | Maria | |
Kanada | President's Choice | Maria |
Costa Rica | Pozuelo | Maria |
Denemarke | KelsenBisca | Mariekiks |
Equador | Nestlé Ecuador S.A. | María |
Egipte | Biscomisr | Marie |
Finland | Kantolan (Made in the Netherlands for Orkla Confectionary & Snacks Finland) | Kulta Marie |
Duitsland | Patisserie Gunz | Maria |
Hong Kong | The Garden Company Limited | Marie Biscuits |
Indië | Disha Foods | Treff |
Bonn Food Industries | Mariebon | |
Britannia Industries | Marie Gold, Vita Marie | |
Parle Products | Marie | |
ITC Limited | Marie Light | |
DK Bakings Kolkata | Nutribake Morning Marie | |
Indonesië | CV Jaya Abadi | Marie Regal Biscuits[5] |
Mayora | Roma Marie Gold, Roma Marie Susu | |
Ierland | Jacob's | Marietta |
Japan | Morinaga & Company | Marie (マリー)[6] |
Jordanië | Universal Industries Co. Ltd. Zalloum Group | Marie or ماري |
Kenia | Manji Food Industries Ltd. | Marie |
Koeweit | Kuwait Flour Mills & Bakeries Co. | Marie ماري |
Libië | Muhab Food Co. Benghazi | Marie Biscuits |
Libanon | Ghandour Food | Marie Biscuits, Lucky 555 |
Maleisië | Hup Seng Perusahaan Makanan (M) Sdn. Bhd. | Ping Pong Marie |
Hwa Tai Industries Bhd. | Hwa Tai Marie | |
Munchy Food Industries Sdn. Bhd. | Munchy's Marie | |
Perfect Food Manufacturing (M) Sdn. Bhd. | Julie's Marie | |
Mauritius | Esko & Co ltd. | Marie |
Meksiko | Gamesa | Galletas Maria |
Goya | Marias | |
Noorweë | First Price (NorgesGruppen) | Mariekjeks |
Sætre AS | Marie | |
Nederland | Pally Holland | Mariakaakje |
Verkade | Maria | |
Panama | Productos Alimenticios Pascual S. A. | Maria |
Pakistan | English Biscuit Manufacturers | Peek Freans |
Filippyne | Republic Biscuit Corporation | Marie, Marie Time, Marie Munch, Marie Gold[7] |
Portugal | Cuétara, Moaçor, Triunfo, Vieira de Castro | Bolacha Maria, Bolacha Maria Oro |
Saoedi Arabië | United Food Industries Corp. Ltd. Co. | DeemaH Marie |
Singapoer | Khong Guan Biscuit Factory (S) Pte. Ltd. | Marie Biscuits, Small Marie Biscuits |
Suid-Afrika | Bakers Blue Label | Marie Beskuitjies, Cappuccino Marie Beskuitjies |
Baumann's | Marie Beskuitjies | |
Spanje | Gullón | María Leche, María Dorada, María Hojaldrada |
Grupo Siro | María Clásica, María Dorada, María Hojaldrada, Mini María | |
Cuétara | María, María Oro, María Hojaldrada | |
Fontaneda (Mondelēz International) | La Buena María | |
Marbú (Artiach) | Marbú Dorada | |
Sri Lanka | CBL (Munchee) | Tikiri Marie, Marie Light, Rice Marie, Chocolate Marie[8] |
Cargills (Ceylon) PLC | Kist Marie[9] | |
Daintee Ltd | Daintee Marie[10] | |
Luckyland | Luckyland Marie | |
Maliban Biscuit Manufactories Limited | Gold Marie, Light Marie, Chocolate Marie, Premium Marie[11] | |
Manchester Foods Pvt Ltd (Bisma) | Ceylon Marie | |
Swede | Göteborgs Kex | Guld Marie |
Sirië | Katalina Foods | |
Thailand | Laemthong Food Industries Co. Ltd. | Laemthong Marie |
Turkye | Şimşek Biscuits & Foods | Gorona |
ANI Biscuits & Foods | Marie | |
Oekraïne | Zhytomyr Confectionary Factory ZhL | Mariya (Марія) |
Yarych Confectionary Factory | Mariya (Марія) | |
Kharkiv Biscuit Factory | Mariya (Марія) | |
Verenigde Koninkryk | Crawford's | Marie |
McVitie's | Marie | |
VSA | Iberia, Goya | Maria cookies |
Uruguay | Kraft Foods | Maria de Famosa |
El Trigal | Maria Rika | |
Venezuela | C.A. Sucesora de Jose Puig & CIA | Maria Puig |
Viëtnam | Kinh Do Corporation | Cosy Marie |
Jemen | Yemen Company for Industry and Commerce | Marie |
Zimbabwe | Lebena | Marie |
Lobels | Marie | |
Arenel | Marie |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Sean O'Grady (20 Maart 2010). "Minor British Institutions: The Marie biscuit". The Independent. Besoek op 20 Maart 2010.
- ↑ "2 Boxes of Classic Maria Cookies by Cuetara". La Tienda. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2015. Besoek op 9 November 2007.
- ↑ "Marie biscuit, a simple pleasure that rules the world". Biscuit People. 24 Maart 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2018. Besoek op 19 April 2018.
- ↑ "Marie biscuits". Biscuit People. 6 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2016. Besoek op 19 April 2018.
- ↑ "About Marie Regal". CV Jaya Abadi. Besoek op 19 April 2018.
- ↑ "Simple Biscuit Life". Morinaga & Co., Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 19 April 2018.
- ↑ "Our Brands". Rebisco. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2018. Besoek op 19 April 2018.
- ↑ "Marie". Ceylon Biscuits Limited. Besoek op 19 April 2018.
- ↑ "Kist Biscuits". Cargills (Ceylon) PLC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2016. Besoek op 19 April 2018.
- ↑ "Daintee Biscuits & Wafer Products". Daintee Limited. Besoek op 19 April 2018.
- ↑ "Premium Marie". Maliban Biscuit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2018. Besoek op 19 April 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Koekie van die week, 'n resensie by nice cup of tea and a sitdown
- Resensie van Maria Cookies, resensies van verskeie internasionale handelsmerke
- Foto's van Mariebeskuitjies uit verskeie lande