Noordwestelike ekonomiese streek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Noordwestelike ekonomiese streek in Rusland.

Die Noordwestelike ekonomiese streek (Russies: Се́веро-За́падный экономи́ческий райо́н, Sewero-Zapadni ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Met sy Oossee-hawe en nabyheid aan Finland was die streek en sy grootste stad, Sint Petersburg, nog altyd Rusland se "venster op die Weste". Sy geskiedenis verskil baie van dié van Moskou en ander dele van die land. Die stad is ook ’n magneet vir jong studente wat verder wil studeer.

Masjienbou en metaalverwerking is van die belangrikste nywerhede. Die kernkragsentrale Leningrad verskaf genoeg elektrisiteit om ook na Finland uit te voer.

Die streek is 196 500 km2 groot en die bevolking is 7,8 miljoen volgens die 2002-sensus. Sowat 87 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 40/km2.

Deelgebiede[wysig | wysig bron]

Die volgende deelgebiede val in die streek: Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Flag of Leningrad Oblast.svg Leningrad-oblast
  2. Flag of Novgorod Oblast.svg Nowgorod-oblast
  3. Coat of Arms of Pskov Oblast.svg Pskof-oblast
  4. Flag of Saint Petersburg Russia.svg Sint Petersburg

Verwysings[wysig | wysig bron]