Watervlier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Nuxia oppositifolia)
Jump to navigation Jump to search

Watervlier
Nuxia oppositifolia, loof, Krantzkloof NR.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
N. oppositifolia
Binomiale naam
Nuxia oppositifolia
(Hochst.) Benth.

Die Watervlier (Nuxia oppositifolia) is 'n klein immergroen boom wat vanaf KwaZulu-Natal noordwaarts voorkom tot in Zimbabwe, ooswaarts tot by Beira en daar is ook 'n afgesonderde populasie in Kaokoland. Die boompie groei langs waterlope, op oewergrond en selfs tussen rotse.

Dit is 'n meerstammige struik of klein boom (tot 8 m hoog) met 'n dun, regop stam en digte blaarbedekking. Takke is dun en reguit en neig om buitentoe te buig in ouer bome. Die bas raak gesplete in lang riwwe wat later in lang repe afdop.

Die glansende, vaalgroen blare is lank en smal (8 x 1 cm), enkelvoudig en in pare gedra. Die uiters fyn en klein, wit blommetjies word in digte bondels op oksels van die laaste paar blare gedra.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]