Nyx

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nyx
Griekse oergodin
Nyx, godin van die nag: La Nuit, deur William-Adolphe Bouguereau, 1883.
Nyx, godin van die nag: La Nuit, deur William-Adolphe Bouguereau, 1883.
Naam Nyx
Godin van Die nag
Man Erebos
Ouer Chaos
Broers, susters Erebos, Eros, Gaia, Tartarus
Kinders O.a Aither, Hemera, Momus, Ponos, Moros, Thanatos, Hypnos, die skikgodinne en Eris.

Nyx, soms ook Nuuks, is in die Griekse mitologie die oergodin van die nag. Sy was deel van die skepping van die aarde en was die moeder van ’n paar verpersoonlikende gode soos Hypnos (slaap) en Thanatos (die dood). Sy kom selde in die mites voor, maar was duidelik baie magtig en beeldskoon.

Rol in mites[wysig]

Hesiodus[wysig]

In Hesiodus se Theogonie is Nyx gebore uit Chaos; sy het baie kinders en hul name is veelseggend. Saam met Erebos, die god van skadu's en donkerte, verwek sy onder andere Aither (atmosfeer) en Hemera (dag). Later, op haar eie, verwek sy Momus (blaam), Ponos (werk), Moros (noodlot), Thanatos (die dood), Hypnos (slaap), Charon (wat die veerboot na Hades bestuur), die Oneiroi (drome), die Hesperiede, die Keres en die skikgodinne, Nemesis (vergelding), Apate (misleiding), Philotes (vriendskap), Geras (ouderdom) en Eris (onmin).

In sy beskrywing van Tartaros sê Hesiodus dat Hemera (dag), Nyx se dogter, Tartaros verlaat het nes Nyx dit binnegegaan het; wanneer Hemera teruggekeer het, is Nyx daar weg (dus die wisselwerking tussen dag en nag).

Homerus[wysig]

In Boek 14 van Homerus se Ilias is daar ’n aanhaling van Hypnos, die god van slaap, waarin hy Hera herinner aan ’n guns wat hy vir haar gedoen het toe hy Zeus aan die slaap laat raak het. Hy het dit voorheen ook al gedoen en Hera so in staat gestel om groot ongeluk oor Herakles te bring. Zeus was woedend en sou Hypnos in die see gewerp het, maar dié het na sy ma, Nyx, gevlug. Zeus was bang vir haar en het sy woede beteuel – en so het Hypnos Zeus se wraak vrygespring. Wanneer hy daarna met Zeus te doen gekry het, het hy telkens na sy ma gevlug.

Kinders van Nyx[wysig]

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. In verskillende mites is Phanes die vader, broer, man of seun van Nyx.

Eksterne skakels[wysig]

Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie
Oergode  AitherChaosChronosErebosGaiaHemeraNyxPontosTartarosUranos
Titane  Eerste geslag:  HyperionIapetosKoiosKriosKronosMnemosyneOkeanosPhoibeRheaTethysTheiaThemis Tweede geslag:  AsteriaAtlasEosEpimetheusHeliosLetoMenoitiosPrometheusSelene
Olimpiese gode  AfroditeApolloAtenaAresArtemisDemeterDionysosHephaistosHeraHermesPoseidonZeus • (Hestia)
Ander gode  AdonisAlpheiosAsklepiosErosHadesHebeHeraklesPanPersephone
Halfgode & helde  AchillesAntiopeDaidalosGanymedesIkarosJasonOedipusPeleusPenelopePerseusSisyphosTantalosTheseus
Ander wesens  AmasonesChtoniese godeEriniërsGiganteGorgoneGrasieëHonderdhandigesMinotourusMusesNimfeSatersSentoureSiklopeSkikgodinne