Okeanos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Okeanos in die Trevi-fontein, Rome.

Okeanos (Grieks: Ὠκεανός) of Oceanus was in die Griekse mitologie ’n seegod en Titaan. Hy is die verpersoonliking van die oseaan, wat deur die antieke Grieke beskou is as ’n enorme rivier wat om die plat aarde loop. Okeanos was ook in beheer van die opkoms en ondergang van die hemelliggame: Helios (die son), Selene (die maan) en die sterre.

Volgens sommige geleerdes is Okeanos eers verbind met al die sout watermassas van die aarde, dus ook die Middellandse See. Namate die Grieke se kennis uitgebrei het, is hy al hoe meer beskou as die water ver van Griekeland waarvan min bekend was. Poseidon het volgens hulle oor die Middellandse See geheers.

Voorkoms en oorsprong[wysig]

Op Griekse uitbeeldings het Okeanos dikwels ’n gespierde bolyf en die onderlyf van ’n slang. Hy het ’n lang baard gehad met een of twee horings op sy kop.

Hy was die oudste van die Titane, die kinders van Uranus en Gaia. Hy en sy suster Tetis het saam 3 000 kinders gehad: die Okeaniede, seenimfe wat die verpersoonliking van alle vorme van water was. Hy was ook die vader van die Potamiede (die riviergode) en die Serkope (twee aapagtige diewe).

Mite[wysig]

In die meeste weergawes van die mite oor die Titanestryd neem Okeanos (asook Themis en sy neef Prometheus) nie deel aan die gevegte nie. Hy kies nie kant nie en neem nie deel aan die opstand teen sy pa, Uranus, nie. Daardeur het hy afgesonder geraak van sy broers en susters.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]
Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie
Oergode  AitherChaosChronosErebosGaiaHemeraNyxPontosTartarosUranos
Titane  Eerste geslag:  HyperionIapetosKoiosKriosKronosMnemosyneOkeanosPhoibeRheaTethysTheiaThemis Tweede geslag:  AsteriaAtlasEosEpimetheusHeliosLetoMenoitiosPrometheusSelene
Olimpiese gode  AfroditeApolloAtenaAresArtemisDemeterDionysosHephaistosHeraHermesPoseidonZeus • (Hestia)
Ander gode  AdonisAlpheiosAsklepiosErosHadesHebeHeraklesPanPersephone
Halfgode & helde  AchillesAntiopeDaidalosGanymedesIkarosJasonOedipusPeleusPenelopePerseusSisyphosTantalosTheseus
Ander wesens  AmasonesChtoniese godeEriniërsGiganteGorgoneGrasieëHonderdhandigesMinotourusMusesNimfeSatersSentoureSiklopeSkikgodinne