Paralimpiese Somerspele 2024
XVIIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 2024 (Frans: Jeux paralympiques d'été de 2024) is van 28 Augustus tot 8 September 2024 in Parys, Frankryk, aangebied.[1] Tydens die geleentheid het 4 400 atlete uit 170 nasies aan 549 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[2] Die spanne van Eritrea, Kiribati en Kosovo het vir die eerste keer aan Paralimpiese Spele deelgeneem.[3]
Dit was die 17de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele en die eerste keer wat Parys die spele georganiseer het. Verder was dit ná die Paralimpiese Winterspele 1992 in Tignes-Albertville die tweede Paralimpiese Spele in Frankryk.
Die opening- en sluitingseremonies het in Parys plaasgevind. Vir die eerste keer in die Paralimpiese geskiedenis het die openingseremonie egter nie in 'n stadion plaasgevind nie, die deelnemende lande se atlete het pleks daarvan op die Avenue des Champs-Élysées in Parys geloop, met die beginpunt by die Arc de Triomphe en die eindpunt by die Place de la Concorde.[4] Soos gebruiklik is die lande in alfabetiese volgorde georden met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Mpumelelo Mhlongo (atletiek) en Kat Swanepoel (swem) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[5]
Die Olimpiese Somerspele 2024 is tussen 2 en 18 Augustus in Parys gehou.
Toewysing
[wysig | wysig bron]As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2024 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2024.[6] Parys is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2024. Die Olimpiese Somerspele 2024 en 2028 is tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Parys, Frankryk, en laasgenoemde aan Los Angeles, Verenigde State.[7]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2024 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Stemme | ||||
Parys | Frankryk | Verkies as 2024-gasheer | ||||
Los Angeles | Verenigde State | Verkies as 2028-gasheer | ||||
Hamburg | Duitsland | onttrek | ||||
Rome | Italië | |||||
Boedapest | Hongarye |
Sporte
[wysig | wysig bron]In 2019 is die program van die Paralimpiese Somerspele 2024 aangekondig met geen veranderinge in die sportsoorte teenoor die Paralimpiese Somerspele 2020 in Tokio nie.
22 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 549 medaljes oorhandig.
- 5-per-kant sokker (1)
- Atletiek (164)
- Bankdruk (20)
- Boccia (11)
- Boogskiet (9)
- Doelbal (2)
- Fietsry (51)
- Judo (16)
- Paradriekamp (11)
- Parakanovaart (10)
- Roei (5)
- Rolstoelbasketbal (2)
- Rolstoelpluimbal (16)
- Rolstoelrugby (1)
- Rolstoelskerm (16)
- Rolstoeltennis (6)
- Ruitersport (11)
- Sitvlugbal (2)
- Skyfskiet (13)
- Swem (141)
- Taekwondo (10)
- Tafeltennis (31)
Stadions
[wysig | wysig bron]Al die Paralimpiese gebeure het in en rondom Parys plaasgevind, insluitende die voorstede Saint-Denis en Versailles, asook Vaires-sur-Marne wat net buite die stad is.[8]
Groter Parys
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Stade de France | Sluitingsseremonie | 77 083 | Klaar |
Atletiek (baan en veld) | |||
Paris La Défense Arena | Swem | 15 220 | |
Porte de La Chapelle Arena | Pluimbal | 6 700 | Bykomend |
Bankdruk | 7 000 | ||
Clichy-sous-Bois | Fietsry (Pad) | Tydelik | |
Noord-Parys-Arena | Sitvlugbal | 6 000 | Klaar |
Parc Georges Valbon – La Courneuve | Paramaraton (wegspring) | Tydelik |
Paryse sentrale gebied
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Bercy Arena | Rolstoelbasketbal | 15 000 | Klaar |
Grand Palais éphémère | Judo | 8 356 | |
Rolstoelrugby | |||
Eiffeltoringstadion (Champ de Mars) | 5-per-kant sokker | 12 860 | Tydelik |
Les Invalides | Boogskiet, Paramaraton (doellyn) | 8 000 | |
Grand Palais | Taekwondo | 6 500 | Klaar |
Rolstoelskerm | |||
Pont Alexandre III | Paradriekamp | 1 000 | Tydelik |
Stade Roland Garros | Rolstoeltennis | 12 000 | Klaar |
Suid-Parys-Arena | Boccia | 9 000 | |
Tafeltennis | 6 650 | ||
Doelbal | 7 300 |
Versailles-gebied
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Tuine van die Paleis van Versailles | Ruitersport (Dressuur) | 80 000 (22 000 + 58 000) |
Tydelik |
Afgeleë sportplekke
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit | Status |
---|---|---|---|
Nasionale Olimpiese Nautiese Stadion op die Île-de-France (Vaires-sur-Marne) | Parakanovaart | 12 000 | Klaar |
Roei | 14 000 | ||
Vélodrome de Saint-Quentin-en-Yvelines | Fietsry (Baan) | 5 000 | |
Centre National de Tir Sportif (Châteauroux) | Skyfskiet | 3 000 |
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Augustus/September | 28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
31 Sa |
1 So |
2 Ma |
3 Di |
4 Wo |
5 Do |
6 Vr |
7 Sa |
8 So |
Items | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | ||||||||||||
5-per-kant sokker | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||
Atletiek | 14 | 18 | 19 | 13 | 24 | 15 | 19 | 16 | 22 | 4 | 164 | |||
Bankdruk | 4 | 4 | 4 | 4 | 4 | 20 | ||||||||
Boccia | ● | ● | ● | 2 | 6 | ● | ● | 3 | 11 | |||||
Boogskiet | ● | ● | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 9 | |||||
Doelbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | |||||
Fietsry | Baan | 4 | 5 | 4 | 4 | 17 | ||||||||
Pad | 19 | 6 | 4 | 5 | 34 | |||||||||
Judo | 5 | 5 | 6 | 16 | ||||||||||
Paradriekamp | 11 | 11 | ||||||||||||
Parakanovaart | ● | 5 | 5 | 10 | ||||||||||
Roei | ● | ● | 5 | 5 | ||||||||||
Rolstoelbasketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | ||
Rolstoelpluimbal | ● | ● | ● | 2 | 14 | 16 | ||||||||
Rolstoelrugby | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||||
Rolstoelskerm | 4 | 4 | 2 | 4 | 2 | 16 | ||||||||
Rolstoeltennis | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 2 | 2 | 1 | 6 | ||||
Ruitersport | 3 | 2 | 1 | 5 | 11 | |||||||||
Sitvlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | 2 | |||
Skyfskiet | 3 | 2 | 2 | 1 | 2 | 2 | 1 | 13 | ||||||
Swem | 15 | 14 | 15 | 14 | 13 | 15 | 12 | 13 | 15 | 15 | 141 | |||
Taekwondo | 3 | 4 | 3 | 10 | ||||||||||
Tafeltennis | ● | 2 | 5 | 3 | ● | 1 | 3 | 5 | 5 | 7 | 31 | |||
Totaal | 0 | 22 | 42 | 49 | 53 | 61 | 50 | 63 | 63 | 57 | 75 | 14 | 549 | |
Kumulatief | 0 | 22 | 64 | 113 | 166 | 227 | 277 | 340 | 403 | 460 | 535 | 549 | ||
Augustus/September | 28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
31 Sa |
1 So |
2 Ma |
3 Di |
4 Wo |
5 Do |
6 Vr |
7 Sa |
8 So |
Items |
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
- Afghanistan (1)
- Algerië (26)
- Amerikaanse Maagde-eilande (1)
- Angola (2)
- Argentinië (68)
- Armenië (3)
- Aruba (1)
- Australië (159)
- Azerbeidjan (18)
- Bahrein (2)
- Bangladesj (2)
- Barbados (1)
- België (29)
- Benin (2)
- Bermuda (2)
- Bhoetan (1)
- Bosnië en Herzegowina (14)
- Botswana (2)
- Brasilië (256)
- Bulgarye (3)
- Burkina Faso (1)
- Burundi (2)
- Chili (28)
- Chinees Taipei (13)
- Colombia (74)
- Costa Rica (8)
- Denemarke (32)
- Dominikaanse Republiek (11)
- Duitsland (143)
- Ecuador (14)
- Egipte (54)
- El Salvador (3)
- Eritrea (1)
- Estland (5)
- Ethiopië (4)
- Fidji (3)
- Filippyne (6)
- Finland (16)
- Frankryk (239)
- Gaboen (2)
- Gambië (2)
- Georgië (14)
- Ghana (4)
- Grenada (2)
- Griekeland (37)
- Guatemala (2)
- Guinee (2)
- Guinee-Bissau (2)
- Haïti (1)
- Honduras (1)
- Hongarye (39)
- Hongkong (23)
- Ierland (29)
- Indië (84)
- Indonesië (35)
- Irak (20)
- Iran (65)
- Israel (27)
- Italië (141)
- Ivoorkus (3)
- Jamaika (1)
- Japan (177)
- Jemen (1)
- Jordanië (8)
- Kaap Verde (2)
- Kambodja (1)
- Kameroen (5)
- Kanada (124)
- Kasakstan (44)
- Katar (2)
- Kenia (13)
- Kirgisië (4)
- Kiribati (1)
- Koeweit (3)
- Kosovo (1)
- Demokratiese Republiek die Kongo (2)
- Kongo (2)
- Kroasië (22)
- Kuba (21)
- Laos (1)
- Lesotho (2)
- Letland (8)
- Libanon (1)
- Liberië (2)
- Libië (3)
- Litaue (9)
- Luxemburg (2)
- Macau (1)
- Malawi (2)
- Maledive (2)
- Maleisië (28)
- Mali (2)
- Malta (2)
- Marokko (38)
- Mauritius (6)
- Meksiko (67)
- Mianmar (1)
- Moldowa (5)
- Mongolië (12)
- Montenegro (4)
- Mosambiek (1)
- Namibië (5)
- Nederland (84)
- NPA (Belarussiese en Russiese atlete; 98)
- Nepal (3)
- Nicaragua (1)
- Nieu-Seeland (24)
- Niger (1)
- Nigerië (23)
- Noord-Masedonië (1)
- Noorweë (18)
- Oekraïne (74)
- Oesbekistan (65)
- Oman (2)
- Oostenryk (24)
- Oos-Timor (1)
- Pakistan (1)
- Panama (3)
- Papoea-Nieu-Guinee (2)
- Paraguay (1)
- Peru (13)
- Pole (84)
- Portugal (27)
- Puerto Rico (2)
- Roemenië (6)
- Rwanda (12)
- Salomonseilande (4)
- Saoedi-Arabië (9)
- São Tomé en Príncipe (1)
- Senegal (4)
- Sentraal-Afrikaanse Republiek (2)
- Serwië (23)
- Sierra Leone (1)
- Singapoer (10)
- St. Vincent en die Grenadine (1)
- Siprus (3)
- Sirië (1)
- Slowakye (26)
- Slowenië (14)
- Somalië (1)
- Spanje (139)
- Sri Lanka (8)
- Staat Palestina (1)
- Suid-Afrika (32)
- Suid-Korea (83)
- Suriname (1)
- Swede (20)
- Switserland (27)
- Tanzanië (1)
- Thailand (78)
- Togo (1)
- Tonga (1)
- Trinidad en Tobago (1)
- Tsjeggië (32)
- Tunisië (30)
- Turkmenistan (1)
- Turkye (93)
- Uganda (4)
- Uruguay (2)
- Vanuatu (2)
- Venezuela (25)
- Verenigde Arabiese Emirate (13)
- Verenigde Koninkryk (201)
- Verenigde State (220)
- Viëtnam (7)
- Vlugtelinge-atlete (8)
- Volksrepubliek China (284)
- Ysland (5)
- Zambië (2)
- Zimbabwe (2)
Suid-Afrikaanse deelname
[wysig | wysig bron]Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika sewe medaljes (vier goud, een silwer en twee brons) ingepalm en in die 34ste plek geëindig.
Suid-Afrika het 32 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele 45ste plek met ses medaljes. Hiervan is twee goud-, geen silwer en vier bronsmedaljes.[9]
- Goud
- Mpumelelo Mhlongo – atletiek – mans se 100 m – T44
- Simoné Kruger – atletiek – vroue se skyfwerp – F38
- Brons
- Louzanne Coetzee – atletiek – vroue se 1 500 m – T11
- Pieter du Preez – padfietsry – mans se tydtoets – H1
- Donald Ramphadi en Lucas Sithole – roelstoeltennis – gemengde dubbels – H1
Aantal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Volksrepubliek China (CHN) | 284 | 94 | 76 | 50 | 220 |
2 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 201 | 49 | 44 | 31 | 124 |
3 | Verenigde State (USA) | 220 | 36 | 42 | 27 | 105 |
4 | Nederland (NED) | 84 | 27 | 17 | 12 | 56 |
5 | NPA (Belarussiese en Russiese atlete) | 98 | 26 | 22 | 23 | 71 |
6 | Brasilië (BRA) | 256 | 25 | 26 | 38 | 89 |
7 | Italië (ITA) | 141 | 24 | 15 | 32 | 71 |
8 | Oekraïne (UKR) | 74 | 22 | 28 | 32 | 82 |
9 | Frankryk (FRA) | 239 | 19 | 28 | 28 | 75 |
10 | Australië (AUS) | 159 | 18 | 17 | 28 | 63 |
46 | Suid-Afrika (RSA) | 32 | 2 | 0 | 4 | 6 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Paralimpiese Winterspele 1992 in Tignes-Albertville
- Paralimpiese Winterspele 2030 in die Franse Alpe en Nice
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Besoek op 22 Januarie 2018.
- ↑ (en) "Paris 2024 reveals session-by-session competition schedule". Internasionale Paralimpiese Komitee. 8 Julie 2022. Besoek op 8 September 2024.
- ↑ (en) "Paris 2024: Record number of delegations and females to compete". Internasionale Paralimpiese Komitee. 23 Augustus 2024. Besoek op 8 September 2024.
- ↑ (en) Raúl Daffunchio Picazo (22 Augustus 2024). "Paris 2024 Paralympics set to dazzle the world". Inside the Games. Besoek op 8 September 2024.
- ↑ (en) Ashleigh Nefdt (11 Julie 2024). "South Africa's Official Olympic and Paralympic Flag Bearers Announced!". GoodThingsGuy. Besoek op 8 September 2024.
- ↑ (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. 21 Mei 2012. Besoek op 8 September 2024.
- ↑ (en) "Olympic Games: Paris & LA to host 2024 & 2028 respectively". BBC. 13 September 2017. Besoek op 8 September 2024.
- ↑ (en) "Venues". Internasionale Olimpiese Komitee. Besoek op 8 September 2024.
- ↑ (en) "Team RSA at the Paris 2024 Paralympics". Tokyo2020.com. 8 September 2024. Besoek op 8 September 2024.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Paralimpiese Somerspele 2024. |
- (en) Paris 2024 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
- (en) Amptelike webwerf van die Spele