Paralimpiese Somerspele 2020

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
XVIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2020

Gehou in Tokio, Japan
Deelnemende lande
Deelnemende atlete
Items 537 in 22 sporte
Openingseremonie 25 Augustus 2020
Sluitingseremonie 6 September 2020
Amptelik geopen deur Keiser van Japan (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2016: Rio de Janeiro (Brasilië)
Volgende Spele 2024: Parys (Frankryk)

Die Paralimpiese Somerspele 2020 (Japannees: 第十六回パラリンピック競技大会, Dai Jūroku-kai Pararinpikku Kyōgi Taikai) sal na verwagting tussen 25 Augustus en 6 September 2020 in Tokio, Japan, aangebied word.[1] Dit sal die 16de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele wees. Dit sal ook die tweede keer wees dat Tokio die spele organiseer na hulle eerste spele in 1964.

Die Olimpiese Stadion in Tokio

Die Olimpiese Somerspele 2020 sal tussen 24 Julie en 9 Augustus in Tokio gehou word.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Yoshirō Mori, hoof van Tokio se bod-komitee

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2020 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2020.[2] Tokio is op 7 September 2013 in Buenos Aires deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2020. Ander kandidate was: Istanboel en Madrid.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2020[3]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3
Tokio Vlag van Japan Japan 42 60
Istanboel Vlag van Turkye Turkye 26 49 36
Madrid Vlag van Spanje Spanje 26 45

Sporte[wysig | wysig bron]

22 Paralimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Twee nuwe sporte sal ook by die Paralimpiese Somerspele in Tokio gehou word: pluimbal en taekwondo.[4]

Deelnemende nasies[wysig | wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat gaan deelneem. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Besoek op 22 Januarie 2018. 
  2. (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Besoek op 22 Januarie 2018. 
  3. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Besoek op 22 Januarie 2018. 
  4. (en) "IPC announces final Tokyo 2020 Paralympic sports programme". Internasionale Paralimpiese Komitee. 31 Januarie 2015. Besoek op 22 Januarie 2018. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele: Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028
Winterspele: Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee