Paralimpiese Winterspele 2010

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Xe Paralimpiese Winterspele
Paralimpiesespele van 2010

Gehou in Vancouver, Kanada
Deelnemende lande 44
Deelnemende atlete 502 (381 mans, 121 vroue)
Items 64 in 5 sporte
Openingseremonie 12 Maart 2010
Sluitingseremonie 21 Maart 2010
Amptelik geopen deur Goewerneur-Generaal Michaëlle Jean
Atlete-eed Hervé Lord
Beampte-eed Linda Kirton
Olimpiese vlam Zach Beaumont
Vorige Spele 2006: Turyn (Italië)
Volgende Spele 2014: Sotsji (Rusland)

Die Paralimpiese Winterspele 2010 (Engels: 2010 Winter Paralympics, Frans: Les Xes Jeux paralympiques d'hiver) is tussen 12 en 21 Maart 2010 in Vancouver, Kanada, aangebied. Enkele van die items is in die nabygeleë Whistler gehou. Dit was die tiende Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die tweede keer dat Paralimpiese Spele in Kanada beslis is. 'n Rekord van 44 lande het hieraan deelgeneem.[1]

Die Olimpiese Winterspele 2010 is tussen 12 en 28 Februarie in Vancouver gehou.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Sumi, die gelukbringer van die Paralimpiese Winterspele 2010

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2010 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2010.[2] Vancouver is op 2 Julie 2003 in Praag deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2010. Ander kandidate was: Pyeongchang en Salzburg.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2010[3]
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Vancouver Vlag van Kanada Kanada 40 56
Pyeongchang Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 51 53
Salzburg Vlag van Oostenryk Oostenryk 16

Sporte[wysig | wysig bron]

Rolstolysbal tydens die Paralimpiese Winterspele 2010

5 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Kalender[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Maart 2010 12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items
Alpine skiing - Paralympic pictogram.svg Alpeski 4 2 4 2 6 6 6 30
Cross-country skiing - Paralympic pictogram.svg Heg-en-steg-ski 2 4 6 2 6 20
Biathlon - Paralympic pictogram.svg Paratweekamp 6 6 12
Wheelchair curling - Paralympic pictogram.svg Rolstolysbal 1 1
Ice sledge hockey - Paralympic pictogram.svg Sleehokkie 1 1
Totaal 6 6 6 4 8 12 6 10 6 64
Seremonies OS SS

Deelnemende nasies[wysig | wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname[wysig | wysig bron]

Suid-Afrika het aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.

Aantal medaljes[wysig | wysig bron]

Kaart van deelnemende nasies in 2010
Die Paralimpiese vlam word tydens die openingseremonie aangesteek

Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1 Vlag van Duitsland Duitsland (GER) 20 13 5 6 24
2 Vlag van Rusland Rusland (RUS) 31 12 16 10 38
3 Vlag van Kanada Kanada (CAN) 55 10 5 4 19
4 Vlag van Slowakye Slowakye (SVK) 13 6 2 3 11
5 Vlag van Oekraïne Oekraïne (UKR) 19 5 8 6 19
6 Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA) 50 4 5 4 13
7 Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT) 19 3 4 4 11
8 Vlag van Japan Japan (JPN) 42 3 3 5 11
9 Vlag van Wit-Rusland Wit-Rusland (BLR) 9 2 0 7 9
10 Vlag van Frankryk Frankryk (FRA) 21 1 4 1 6
11 Vlag van Italië Italië (ITA) 35 1 3 3 7
12 Vlag van Noorweë Noorweë (NOR) 27 1 3 2 6
13 Vlag van Spanje Spanje (ESP) 5 1 2 0 3
Vlag van Switserland Switserland (SUI) 15 1 2 0 3
15 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (NZL) 2 1 0 0 1
16 Vlag van Australië Australië (AUS) 11 0 1 3 4
17 Vlag van Finland Finland (FIN) 5 0 1 1 2
18 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea (KOR) 25 0 1 0 1
19 Vlag van Swede Swede (SWE) 26 0 0 2 2
20 Flag of the Czech Republic Tsjeggië (CZE) 19 0 0 1 1
Vlag van Pole Pole (POL) 12 0 0 1 1
Totaal (21 NPKs) 461 64 65 63 192

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) IPC Historical Results Archive”. Internasionale Paralimpiese Komitee. URL besoek op 29 September 2016.
  2. (en) Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'”. BBC. URL besoek op 29 September 2016.
  3. (en) Past Olympic host city election results”. GamesBids. URL besoek op 29 September 2016.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Paralimpiese Spele Logo van die Paralimpiese Spele

Somerspele: Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020
Winterspele: Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee