Stade de France
Stade de France | ||
UEFA | ||
Bynaam | Saint-Denis | |
---|---|---|
Ligging | Saint-Denis, Frankryk | |
Koördinate | 48°55′28″N 2°21′36″O / 48.92444°N 2.36000°O | |
Eienaar | Franse staat | |
Operateur | Consortium Stade de France (tot 2025) | |
Kapasiteit | 81 338 (rugby en sokker) 75 000 (atletiek) 90 000 (konserte) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 2 Junie 1995 | |
Gebou | 1995 | |
Geopen | 28 Januarie 1998 | |
Boukoste | € 364 miljoen | |
Argitek | Michel Macary Aymeric Zubléna Michel Regembal Claude Constantini | |
Huurders | ||
Frankryk (Sokker) Frankryk (Rugby) Stade Français (sommige wedstryde) Racing Métro 92 (sommige wedstryde) |
Die Stade de France (Frans: [stad də fʁɑ̃s], letterlik: "Stadion van Frankryk") is 'n sokker- en rugbystadion in Saint-Denis, Frankryk, net noord van Parys.
Dit het sitplek vir ongeveer 80 000 toeskouers en is die grootste stadion in Frankryk. Die stadion is ingehuldig op 28 Januarie 1998 met 'n sokkerwedstryd tussen Frankryk en Spanje. Die stadion, wat vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gebou is, is ook ontwerp vir ander sportsoorte, soos rugby, atletiek, motorrenne asook konserte en ander groot opvoerings. Dit word deur die Franse rugbyspan tydens die Sesnasies-toernooi en ander internasionale wedstryde gebruik.
Die Franse sokkerspan gebruik die stadion ook vir byna alle vriendskaplike wedstryde en dit was in dié stadion dat die span Brasilië 3–0 geklop het in die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998. Parys se hoofrugbyklub, Stade Français, het in die afgelope aantal jare ook die stadion gereeld as tuisveld gebruik. Die Stade de France dien verder elke jaar as die terrein vir die Top-14 Franse binnelandse rugbykampioenskap, die Coupe de France-sokkerbekertoernooi en die Franse sokkerligabeker. Die Stade de France het die afgelope drie jaar as gasheer vir die Race of Champions opgetree. In 2007 is verskeie wedstryde van die Rugbywêreldbeker, insluitende die eindstryd wat deur die Springbokke teen Engeland met 15–6 gewen is, hier beslis. Daarmee het die Stade de France die eerste stadion in die wêreld geword wat beide 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi- en 'n rugbywêreldbekereindstryd aangebied het. In 2023 is ook verskeie wedstryde van die Rugbywêreldbeker, insluitende die eindstryd wat deur die Springbokke teen Nieu-Seeland met 12–11 gewen is, hier beslis. Daarmee het die stadion ná Edenpark in Auckland en Twickenham in Londen die derde rugbystadion geword wat die rugbywêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer gehuisves het.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Stade de France is gebruik vir Frankryk se grootste sportprestasie tot op hede, die 3–0 oorwinning oor Brasilië tydens die FIFA Sokkerwêreldbekertoernooi op 12 Julie 1998. Dit was die eerste keer dat Frankryk die Sokker-Wêreldbeker gewen het en die eerste keer in 20 jaar dat die gasheerland die toernooi gewen het. Die Top-16, die Franse rugbykampioenskap wat nou na die Top-14 verander is, se eindstryd wat tevore in Parc des Princes beslis is, is in 1998 permanent na die Stade de France verskuif. Die Paryse span Stade Français het USA Perpignan 34–7 in Mei van daardie jaar verslaan. Die jaar daarna is een van die Rugbywêreldbeker 1999-kwarteindwedstryde, waarvoor Wallis saam met Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland die gasheer was, in die stadion gehou. In die wedstryd het die Springbokke Engeland met 44–21 verslaan. Daarbenewens is in die Stade de France verskeie wedstryde van die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003, die Rugbywêreldbeker 2007, die Europese Sokkerkampioenskap 2016 en die Rugbywêreldbeker 2023 aangebied, insluitend al die openings- en eindwedstryde.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
10 Junie 1998 | 17:30 | Brasilië | 2–1 | Skotland | Groep A (opening) | 80 000 |
13 Junie 1998 | 21:00 | Nederland | 0–0 | België | Groep E | 75 000 |
18 Junie 1998 | 21:00 | Frankryk | 4–0 | Saoedi-Arabië | Groep C | 80 000 |
23 Junie 1998 | 16:00 | Italië | 2–1 | Oostenryk | Groep B | 80 000 |
26 Junie 1998 | 21:00 | Roemenië | 1–1 | Tunisië | Groep G | 77 000 |
28 Junie 1998 | 21:00 | Nigerië | 1–4 | Denemarke | Agtste eindrondte | 77 000 |
3 Julie 1998 | 16:30 | Italië | 0–0 (3–4 straf.) | Frankryk | Kwarteindrondte | 77 000 |
8 Julie 1998 | 21:00 | Frankryk | 2–1 | Kroasië | Halfeindrondte | 76 000 |
12 Julie 1998 | 21:00 | Brasilië | 0–3 | Frankryk | Eindstryd | 80 000 |
Rugbywêreldbeker 1999
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 1999.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
24 Oktober 1999 | 14:00 | Suid-Afrika | 44–21 | Engeland | Kwarteindrondte | 75 000 |
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2003.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
18 Junie 2003 | 18:00 | Nieu-Seeland | 0–3 | Japan | Groep A (opening) | 36 038 |
19 Junie 2003 | 21:00 | Brasilië | 0–1 | Kameroen | Groep B | 46 719 |
21 Junie 2003 | 19:00 | Kameroen | 1–0 | Turkye | Groep B | 43 743 |
22 Junie 2003 | 21:00 | Frankryk | 5–0 | Nieu-Seeland | Groep A | 36 842 |
26 Junie 2003 | 21:00 | Frankryk | 3–2 | Turkye | Halfeindrondte | 41 195 |
29 Junie 2003 | 21:00 | Kameroen | 0–1 (e.t.) | Frankryk | Eindstryd | 51 985 |
Rugbywêreldbeker 2007
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
7 September 2007 | 21:00 | Frankryk | 12–17 | Argentinië | Groep D (opening) | 79 312 |
14 September 2007 | 21:00 | Engeland | 0–36 | Suid-Afrika | Groep A | 77 523 |
21 September 2007 | 21:00 | Frankryk | 25–3 | Ierland | Groep D | 80 267 |
7 Oktober 2007 | 21:00 | Argentinië | 19–13 | Skotland | Kwarteindrondte | 76 866 |
13 Oktober 2007 | 21:00 | Engeland | 14–9 | Frankryk | Halfeindrondte | 80 283 |
14 Oktober 2007 | 21:00 | Suid-Afrika | 37–13 | Argentinië | Halfeindrondte | 77 055 |
20 Oktober 2007 | 21:00 | Engeland | 6–15 | Suid-Afrika | Eindstryd | 80 430 |
Europese Sokkerkampioenskap 2016
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Europese Sokkerkampioenskap 2016.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
10 Junie 2016 | 21:00 | Frankryk | 2–1 | Roemenië | Groep A (opening) | 75 113 |
13 Junie 2016 | 18:00 | Ierland | 1–1 | Swede | Groep E | 73 419 |
16 Junie 2016 | 21:00 | Duitsland | 0–0 | Pole | Groep C | 73 648 |
22 Junie 2016 | 18:00 | Ysland | 2–1 | Oostenryk | Groep F | 68 714 |
27 Junie 2016 | 18:00 | Italië | 2–0 | Spanje | Agtste eindrondte | 76 165 |
3 Julie 2016 | 21:00 | Frankryk | 5–2 | Ysland | Kwarteindrondte | 76 833 |
10 Julie 2016 | 21:00 | Portugal | 1–0 (e.t.) | Frankryk | Eindstryd | 75 868 |
Rugbywêreldbeker 2023
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Rugbywêreldbeker 2023.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
8 September 2023 | 21:00 | Frankryk | 27–13 | Nieu-Seeland | Groep A (opening) | 78 680 |
9 September 2023 | 18:00 | Australië | 35–15 | Georgië | Groep C | 75 770 |
23 September 2023 | 21:00 | Suid-Afrika | 8–13 | Ierland | Groep B | 78 542 |
7 Oktober 2023 | 21:00 | Ierland | 36–14 | Skotland | Groep B | 78 459 |
14 Oktober 2023 | 21:00 | Ierland | 24–28 | Nieu-Seeland | Kwarteindrondte | 78 845 |
15 Oktober 2023 | 21:00 | Frankryk | 28–29 | Suid-Afrika | Kwarteindrondte | 79 486 |
20 Oktober 2023 | 21:00 | Argentinië | 6–44 | Nieu-Seeland | Halfeindrondte | 77 653 |
21 Oktober 2023 | 21:00 | Engeland | 15–16 | Suid-Afrika | Halfeindrondte | 78 098 |
27 Oktober 2023 | 21:00 | Argentinië | 23–26 | Engeland | Bronseindstryd | 77 674 |
28 Oktober 2023 | 21:00 | Nieu-Seeland | 11–12 | Suid-Afrika | Eindstryd | 80 065 |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stade de France.
- (fr) Amptelike webwerf