Olimpiese Somerspele 2024

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Spele van die XXXIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2024

Gehou in Parys, Frankryk
Deelnemende lande
Deelnemende atlete
Items 306 in 28 sporte
Openingseremonie 26 Julie 2024
Sluitingseremonie 11 Augustus 2024
Amptelik geopen deur President van Frankryk (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2020: Tokio (Japan)
Volgende Spele 2028: Los Angeles (VSA)

Die Olimpiese Somerspele 2024 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 2024), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIIste Olimpiade, sal tussen 26 Julie en 11 Augustus 2024 in Parys, Frankryk, aangebied word. Dit sal die 33ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Parys die spele organiseer na hulle eerste spele in 1900 en daarna in 1924, presies 100 jaar gelede. Daarmee sal Parys naas Londen die tweede stad word, wat driekeer Olimpiese Somerspele aangebied het. Ná die Rugbywêreldbeker 2023 sal die Olimpiese Somerspele 2024 die tweede groot sportkompetisie in Frankryk binne een jaar wees.

Die opening- en sluitingseremonies sal in die Stade de France in Parys plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Frankryk die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Somerspele 2024 sal tussen 4 en 15 September in Parys gehou word.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Tony Estanguet, hoof van Parys se bod-komitee

Van die stede wat hulleself beskikbaar gestel het om die Spele aan te bied sluit in (die lys is nie volledig nie):

Parys is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2024. Die enigste ander kandidaat was Los Angeles, maar het voor die stemming hulself onttrek en vir die Olimpiese Somerspele 2028 beskikbaar gestel.[1]

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2024
Stad Land Stemme
Parys Vlag van Frankryk Frankryk eenparig

Sporte[wysig | wysig bron]

28 Olimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word. Tydens die Spele sal 306 medaljes oorhandig word.

Stadions[wysig | wysig bron]

Parys se La Défense-arena
Champs de Mars
Le Golf National
Vélodrome de Saint-Quentin-en-Yvelines
Château de Versailles

Die meeste van die Olimpiese gebeure sal in en om Parys gehuisves word, insluitende die voorstede Saint-Denis, Le Bourget, Nanterre, Versailles en Vaires-sur-Marne wat net buite die stad se omgewing is. Die seiljagwedvaart en branderplankry-wedstryde sal in die afgeleë kusoorde van Marseille en Biarritz, onderskeidelik, beslis word. Sokker sal in verskeie stede regoor Frankryk aangebied word.

Groter Parys[wysig | wysig bron]

Stadion Sporte Kapasiteit Status
Stade de France seremonies (opening/sluiting) 78 338 Bestaande
Atletiek
Saint-Denis Watersport (swem, gesinchroniseerde swem)
Moderne vyfkamp (swem)
15 000 Tydelik
Watersport (waterpolo, sierduik) 5 000 Bykomende
Parys se La Défense-arena Gimnastiek (artistiek en trampolien)
Handbal (halfeindrondte en medaljewedstryde)
17 000 Bestaande
Stade Olympique Yves-du-Manoir Veldhokkie (in 2 bane) 10 000 en 5 000 opgeknap
Le Zénith Handbal (groepfase, kwarteindrondte)
Gimnastiek (ritmies)
6 293 Bestande
Palais des Sports Marcel-Cerdan Basketbal (vroue se groepfase)
Moderne vyfkamp (skermsport)
4 000 Bestaande
Palais des Sports Maurice Thorez 3x3 Basketbal 4 000 Bestaande
Le Bourget Skyfskiet 3 000 Tydelik

Paryse sentrale sone[wysig | wysig bron]

Stadion Sporte Kapasiteit Status
Parc des Princes Sokker 61 000 Bestaande
Stade Roland Garros (Philippe Chatrier-baan met intrekbare dak)
Tennis
Vlugbal (uitspeelwedstryde)
15 000 Bestaande
(Suzanne Lenglen-baan met intrekbare dak)
Boks
10 000
Tennis (buiteluggroepfase) 9 000 (5 000+2 000+8x250)
Parysarena Basketbal (mans se groepfase) 7 500 Bestaande
Stoei
Basketbal 15 000
Judo
Stade Jean-Bouin Rugby 20 000 Bestaande
Stade Sebastien Charlety Bofbal/Sagtebal (voorgestel) 20 000 Bestaande
Champ de Mars Strandvlugbal 12 000 Tydelik
Pluimbal 6 000
Seine Maraton (uitsluitende doellyn) 13 000
(3 000 sitplekke)
Tydelik
Snelloop (uitsluitende doellyn)
Maratonswem
Driekamp (uitsluitende doellyn)
Parys expo Porte de Versailles Sportklim 6 000 Tydelik
Tafeltennis 6 000
Avenue des Champs-Élysées Fietsry (pad) 10 000 Tydelik
Skaatsplankry
Maraton (doellyn)
Snelloop (doellyn)
Driekamp (doellyn)
Grand Palais Fencing 8 000 Bestaande
Taekwondo
Halle Georges Carpentier Vlugbal (groepfase) 8 000 Opgeknap/uitgebrei
Karate
Les Invalides Boogskiet 6 000 Tydelik
Stade Pierre de Coubertin Vlugbal (groepfase 2) 4 836 Bestaande
Dôme de Paris Gewigoptel 4 600 Bestaande

Versailles-sone[wysig | wysig bron]

Stadion Sporte Kapasiteit Status
Château de Versailles Ruitersport (dressuur, spring, driefasekompetisie) 80 000
(22 000 + 58 000)
Tydelik
Moderne vyfkamp (uitsluitende swem en skermsport)
Le Golf National Gholf 35 000 Bestaande
Élancourt Hill Bergfietsry 25 000 Bestaande
Vélodrome de Saint-Quentin-en-Yvelines Fietsry (baan) 10 000 (2 x 5 000) Bestaande
BMX (wedren en vrystyl)

Afgeleë sportplekke[wysig | wysig bron]

Stadion Sporte Kapasiteit Status
Vaires-sur-Marne Roei 22 000 Bestaande
Kajak
Kanovaart-slalom
Marseille Seiljagwedvaart 5 000 Bestaande
Biarritz Branderplankry 5 000 Tydelik

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Olympic Games: Paris & LA to host 2024 & 2028 respectively". BBC. 13 September 2017. Besoek op 4 Julie 2018. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.