R719 (Suid-Afrika)
Voorkoms
Streeksroete R719 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Wespunt | R710 by Bultfontein | |||
R34 R505 | ||||
Oospunt | R30 18 km suid van Bothaville | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Wesselsbron | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die R719 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat Bultfontein met die R30 tussen Bothaville en Odendaalsrus verbind. Die roete begin waar dit van die R710 aftak net noord van Bultfontein. Die roete gaan nou noordoos, kruis die Vetrivier, gaan deur Wesselsbron waar dit die R34 kruis. Die R505 tak ook van die R719 af hier. Die R719 gaan noordoos tot waar dit aansluit en eindig by die R30, tussen Bothaville en Odendaalsrus.