Ekonomiese streek Sentraal-Swartgrond

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die ekonomiese streek Sentraal-Swartgrond in Rusland.

Die ekonomiese streek Sentraal-Swartgrond (Russies: Центра́льно-Чернозёмный экономи́ческий райо́н, Tsentralno-Tsjernozjomni ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland.

Die streek is 167 700 km2 groot en die bevolking is 7,5 miljoen volgens die 2002-sensus. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 45/km2.

Die belangrikste ekonomiese sektor is landbou, waarvoor die streek se vrugbare swart grond (tsjernozjom) ideaal is. Daar is dus ’n groot voedselnywerheid. Metallurgie is ook belangrik en by Koersk word ystererts ontgin. Die belangrikste stroomvoorsieners is die kernsentrales by Nowoworonezj en Koersk.

Deelgebiede[wysig | wysig bron]

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Flag of Belgorod Oblast.svg Belgorod-oblast
  2. Flag of Kursk Oblast.svg Koersk-oblast
  3. Flag of Lipetsk Oblast.svg Lipetsk-oblast
  4. Flag of Tambov Oblast.svg Tambof-oblast
  5. Flag of Voronezh Oblast.svg Woronezj-oblast

Verwysings[wysig | wysig bron]