Verskil tussen weergawes van "Vidius Nel"

Jump to navigation Jump to search
69 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Glen Lynden gemeentegroep Bedford.jpg|thumb|links|320px|Lidmate bymekaar voor die kerk op Bedford tydens die viering van die gemeente se honderdste bestaansjaar in 1929. Hoewel die bron nie name verstrek is, is die gesin Nel waarskynlik onder dié lidmate.]]
 
Ds. '''Vivianus Ovidius (Vidius) Nel''' (plaas Meyerskraal, distrik [[Bedford]], [[Oos-Kaap]], [[27 Augustus]] [[1924]] - [[Strand, Wes-Kaap|Strand]], [[Wes-Kaap]], [[31 Maart]] [[2007]]) was 'n leraar in die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] wat tydens sy 36 jaar lange bediening sewe gemeentes in die Sinodes van Wes-en-Suid-Kaapland, Oos-Kaapland en Noord-Kaapland gedienbedien het.
 
==Herkoms==
Vidius Nel is op die plaas Meyerskraal in die distrik [[Bedford]] in die [[Oos-Kaap]] gebore as die agtste seun van die elf kinders van Gert Jeremias Cornelis Nel en sy vrou, Regina Dorothea Bosch, wie se voorsate van die eerste boere in die omgewing was op plase soos Doringboom, Wilgerbosch, Uitvlucht en Plathuis. Die Nels was lidmate van die geskiedkundige NG gemeente [[Glen Lynden]] op Bedford, wat vyf jaar voor Vidius se geboorte reeds sy 110stehonderdjarige bestaansjaarbestaans gevier het, die sesde oudste NG gemeente in die [[NG Kerk in Oos-Kaapland|Sinode van Oos-Kaapland]] en die 19de in die hele NG Kerk. Buiten Vidius se ouers se godsvrug was dit veral sy ouer broer Coligny wat hom aangespoor het om predikant te word. Coligny het ook vroeg reeds dié roeping gekry. Hy is in 1917 met die 400-jarige herdenking van die Hervorming gedoop deur ds. [[M.L. de Villiers]], skrywer van ''[[Die Stem]]'', wat leraar van [[Glen Lynden]] was van 1912 tot 1918 en toe na die [[NG gemeente Vishoek|gemeente Simonstad]] in die Kaapse Skiereiland vertrek het.
 
==Opleiding==
Nel se ouers verhuis in 1924 na Bedford waar hy tot in 1931 sy eerste skoolopleiding ontvang. Van die ouderdom van 10 jaar af was die leraar van die gemeente [[Glen Lynden]] ds. O.A. Cloete, die latere ds. Nel se medeleraar van 1950 tot 1952 in die [[NG gemeente Somerset-Wes]]. Nel matrikuleer in 1942 aan die [[Hoërskool Templeton]] op Bedford as die enigste matrikulant van daardie jaar omdat sy ouers nie kon bekostig nie om hom skool toe te stuur in [[Grahamstad]] of op [[Somerset-Oos]], soos die gebruik van die inwoners van die distrik destyds was nie. Van 1943 tot 1945 is hy student aan die [[Universiteit van die Vrystaat|Universiteit van die Oranje-Vrystaat]] in [[Bloemfontein]] en behaal die graad B.A. (Admissie). Hierna vertrek hy na [[Stellenbosch]] waar hy aan die teologiese [[Kweekskool]] studeer en einde 1949 as proponent gelegitimeer word. Van sy klasmaats was latere predikante soos Jan Hanekom, Andries Gouws en Kosie Terreblanché. Omdat hulle ouers arm was, het sy broer ds. Coligny Nel, wat leraar van die NG gemeente Durban-Wes van 1942 tot 1947 en van die [[NG gemeente Melville]] van daardie jaar tot en met die afstigting van Aucklandpark in 1958 was, Vidius geldelik bygestaan.
 
==Eerste gemeente==
==Latere gemeentes==
[[Beeld:Vidius Nel.jpg|thumb|regs|210px|Ds. Nel, omstreeks 1952.]]
 
Ds. Nel bly net twee jaar op [[Somerset-Wes]], want op [[9 Oktober]] [[1952]], kort ná sy 28ste verjaardag, word hy bevestig as leraar van die [[NG gemeente Albanie]], met sy kernpunt destyds die dorpie [[Riebeek-Oos]]. Hier verrig hy harde werk met oorgawe. Ses jaar later, op [[21 Januarie]] [[1958]], word hy as leraar van die [[NG gemeente Klipplaat]], eweneens op die [[Oos-Kaap]]se platteland, bevestig en drie jaar later, in die herfs van 1961, in die [[NG gemeente Alexandria]], aan die Oos-Kaapse kus. Hier werk hy tot hy na die Noord-Kaap vertrek en op [[19 Junie]] [[1965]] as leraar van die agt jaar oue NG gemeente Upington-Noord bevestig word. Onder ds. Nel se leiding word hier 'n kerksaal gebou.
 
==Gesinslewe==
[[Beeld:Ds en mev Vidius Nel.jpg|thumb|regs|240px|Ds. Vidius en mev. Deidré Nel toe hulle die pastoriepaar op [[Somerset-Wes]] was.]]
 
Ds. Nel is op [[3 Junie]] [[1950]] in die [[NG gemeente Kaapstad|Groote Kerk]] in [[Kaapstad]] met Deidré Schoombie in die eg verbind. Hulle was 57 jaar lank getroud. Uit die huwelik is vier seuns gebore. Ten tyde van ds. Nel se dood het Coligny, vernoem na sy oom, op [[Secunda]] gewoon, Johan in [[Johannesburg]], Ovidius in Welgemoed, [[Kaapstad]], waar hy sedert 1997 'n stelsel-ingenieur by die Foschini-groep iswas, en Marius opin [[Francistown]], Botswana.
 
==Bronne==
85 757

wysigings

Navigasie-keuseskerm