Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Suid-Afrika Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit
Kaart van Suid-Afrika wat Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit in Gauteng aandui
Provinsie Gauteng
Tipe Metropolitaanse Munisipaliteit
Munisipale kode TSH
Plaaslike munisipaliteite Geen
Hoofstad Pretoria
Burgemeester Kgosientsho 'Sputla' Ramokgopa
Grootste tale Afrikaans, Engels, Noord-Sotho, Tswana, Tsonga
Area 6 298 km²  
Bevolking 2 921 488 (2011)

Tshwane is vanaf 5 Desember 2000 'n metropolitaanse gebied in Gautengprovinsie, Suid-Afrika, wat die stad Pretoria insluit.

Dit bestaan uit 13 voormalige stads- en dorpsrade, en word bestuur deur 'n besturende burgemeesterstelsel. Die munisipale gebied beslaan 6 298 km2, en het 'n bevolking van nagenoeg 2,364 miljoen mense.

Die naam is afkomstig van die oorspronklike naam wat deur die eerste Ngunisprekende nedersetters (wat later as die Ndebele bekend was) aan die rivier gegee is wat deur die area vloei. Hulle het dit vernoem na een van hulle stamhoofde, Tshwane, vanaf die Ndebelewoord vir "klein aap".

Die naam Tshwane word soms ook gebruik as 'n alternatiewe naam vir die stad Pretoria self, alhoewel Pretoria nog nie teen 2008 hernoem is nie, en toekomstige hernoeming onwaarskynlik is.[verwysing benodig]

Areas[wysig]

Tshwane bestaan uit die volgende areas:

  • Ga-Rankuwa (Gestig in 1961 na geforseerde verskuiwings binne die area. Dit is vernoem na een van die Bakgatla hoofmanne, Rankuwa Boikhutso.)
  • Centurion (voorheen genoem Verwoerdburg), insluitend Laudium en Olievenhoutbosch.
  • Temba (Gestig in 1940 na gedwonge verskuiwings.)
  • Mabopane (Gestig in 1969.)
  • Winterveld
  • Die gebied van die Noordelike Pretoria Metropolitaanse Substruktuur. Hierdie gebied sluit die nywerheidsgebied bekend as Rosslyn in, Akasia, sowel as die township Soshanguve, wat gestig is om nie-Tswana-sprekende mense te huisves ná Bophuthatswana 'n onafhanklike tuisland geword het. (Soshanguve is 'n nuutskepping wat die township se uiteenlopende karakter weerspieël: Sotho, Shangaan, Nguni (Swazi, Zulu, Xhosa) en Venda.)
  • Pretoria
  • Pienaarsrivier (Hierdie is die kleinste van Tshwane se voormalige rade.)
  • Krokodilrivier (Hierdie gebied strek van Rosslyn/Ga-Rankuwa in die noorde tot by Lanseria in die suide, en van die westelike kant van Pretoria na die Hartbeespoortdam.)
  • Die gebied voorheen bekend as die Greater Pretoria Metropolitan Council. Hierdie raad was een van die vier plaaslike owerhede in Gauteng, en het bestaan uit drie plaaslike rade: die Stadsraad van Pretoria, die Raad van Centurion en die Noordelike Pretoria Metropolitaanse Substruktuur.
  • Cullinan
  • Wallmannsthal
  • Hammanskraal

Eksterne skakel[wysig]