Gaan na inhoud

United Christian Democratic Party

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
United Christian Democratic Party
UCDP
Logo van die United Christian Democratic Party
Leier Modiri Desmond Sehume
Slagspreuk Ready to deliver where others have failed
Gestig 1997
Voorafgegaan deur Tswana Nasionale Party
Hoofkwartier Mmabatho
Jeugvleuel UCDP Jeugliga
Ideologie Christelike demokrasie
Amptelike kleure          
Webblad www.ucdp.org.za

Die United Christian Democratic Party is ’n politieke party in Suid-Afrika. Dit is deur die voormalige president van Bophuthatswana, Lucas Mangope in 1997 gestig, en is vir die eerste vyftien jaar deur hom gelei. Mavis Matladi is as leier op 29 Januarie 2011 verkies maar is in Desember van dieselfde jaar oorlede.[1] Isaac Sipho Mfundisi is op 7 Januarie 2012 verkies as president van die UCDP.

Die meeste van die party se steun kom uit die Noordwes-provinsie (waar Bophuthatswana geleë was), en het baie min teenwoordigheid elders in Suid-Afrika. Die UCDP was die grootste opposisieparty teenoor die ANC in Noordwes na die algemene verkiesings in 1999 en 2004, maar in 2009 het hulle teruggesak na die vierde grootste party in die provinsiale wetgewer na die ANC, DA en Cope.

Tydens die 2009 algemene verkiesing het die party 66 086 stemme (0.37% van die nasionale stemme), en twee setels in die parlement gekry. Dit was egter ’n groot terugslag aangesien die party ongeveer die helfte van sy steun, asook een setel, verloor het sedert die vorige verkiesing.

In die provinsiale verkiesing het die party se steun afgeneem van 8.49% en 3 setels in die Noordwes provinsiale wetgewer,[2] na 5.27% en 2 setels in 2009. In 2009 het hulle in ses van die ander provinsies minder as 0.1% steun gekry.

Die party se missiestelling lê klem op die behoefte aan Christelike waardes, nie-rassige demokrasie en regeringstoelae vir selfonderhoud. In 2004 het die party se manifes uitgevaar teen die ANC weens die ANC se beweerde sagte optrede teenoor misdaad, nepotisme en die verwaarlosing van die infrastruktuur in Suid-Afrika.[3]

’n Opname in 2003 deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), het gevind dat 85% van die UCDP se kiesers vroulik was.[4]

Verkiesingsresultate

[wysig | wysig bron]
Verkiesing Stemme % Setels
2014 21,744 0.12 0
2009 66,086 0.37 2
2004 117,792 0.75 Steady 3
1999 125,280 0.80 3

Munisipale verkiesings

[wysig | wysig bron]
Verkiesing Stemme %
2021[5] 26 331 0,09%
2016[6] 28 241 0,07%
2011[7] 51 468 0,15%
2006 334 504 1,3%
2000 1%

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "In memoria Mavis Ntebaleng Matladi" (html). UCDP. Besoek op 31 Oktober 2012.
  2. (en) "Noordwes verkiesingsuitslae". ANC. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 19 Maart 2007. Besoek op 16 Desember 2008.
  3. (en) "United Christian Democratic Party" (PDF). UCDP. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Oktober 2007. Besoek op 16 Desember 2008.
  4. (en) "ANC kan 86.7% van die stemme in Noordwes kry". RGN. Geargiveer vanaf die oorspronklike (html) op 27 Desember 2010. Besoek op 16 Desember 2008.
  5. "Results Summary – All Ballots" (PDF) (in Engels). elections.org.za. Besoek op 11 November 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)
  6. "Results Summary – All Ballots" (PDF) (in Engels). elections.org.za. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2019. Besoek op 13 Oktober 2016.
  7. "Results Summary – All Ballots" (PDF) (in Engels). elections.org.za. Besoek op 19 November 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: url-status (link)