Universiade

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Universiade van 1989
Die Universiade van 2011

Die Universiade is 'n internasionaal sportbyeenkoms vir universiteitstudente. Die geleentheid word deur die FISU (International University Sports Federation of Fédération internationale du sport universitaire) georganiseer. Die naam is 'n kombinasie van die woorde "Universiteit" en "Olimpiade". In Engels word dit ook soms die "World University Games" of "World Student Games" genoem.

Die Universiade word elke twee jaar gehou. Dit bestaan uit 'n somer- en 'n winterprogram. Beide vind meestal in dieselfde jaar plaas. Die somer- en winterprogramme word afsonderlik van melkaar deur 'n gasstad georganiseer. Ongeveer 8 000 studente neem aan die somer-, en sowat 3 500 aan die winterprogram deel.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

In 1923 is 'n "International Universities Championship" reeds in Parys gehou. Dit is deur die "Union Nationale des Étudiants Français" (UNEF) georganiseer. Vanaf 1924 organiseer die "Confédération Internationale des Étudiants" (CIE) elke somer 'n sportbyeenkoms vir studente, wat in 1930 die naam "International University Games" kry. Die byeenkoms is vir die laaste keer in 1939 aangebied.

In 1947 organiseer die "Fédération Internationale du Sport Universitaire" (FISU) weereens 'n sportbyeenkoms. In 1957 kry die byeenkoms die naam "World University Games", en in 1959 die naam Universiade.

Sportsoorte[wysig | wysig bron]

Plekke[wysig | wysig bron]

Die onderstaande tabel wys die gasstede van die somer- en winter-universiades respektiewelik.

Jaar Spele Somer-universiade Spele Winter-universiade
1959 I Vlag van Italië Italië Turyn, Italië
1960 I Vlag van Frankryk Frankryk Chamonix, Frankryk
1961 II Vlag van Bulgarye Bulgarye Sofia, Bulgarye
1962 II Vlag van Switserland Switserland Villars, Switserland
1963 III Vlag van Brasilië Brasilië Porto Alegre, Brasilië
1964 III Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Špindlerův Mlýn, Tsjeggoslowakye
1965 IV Vlag van Hongarye Hongarye Boedapest, Hongarye
1966 IV Vlag van Italië Italië Sestriere, Italië
1967 V Vlag van Japan Japan Tokio, Japan
1968 V Vlag van Oostenryk Oostenryk Innsbruck, Oostenryk
1970 VI Vlag van Italië Italië Turyn, Italië VI Vlag van Finland Finland Rovaniemi, Finland
1972 VII Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Lake Placid, Verenigde State
1973 VII Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Moskou, Sowjetunie
1975 VIII Vlag van Italië Italië Rome, Italië VIII Vlag van Italië Italië Livigno, Italië
1977 IX Vlag van Bulgarye Bulgarye Sofia, Bulgarye
1978 IX Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Špindlerův Mlýn, Tsjeggoslowakye
1979 X Vlag van Meksiko Meksiko Meksikostad, Meksiko
1981 XI Vlag van Roemenië Roemenië Boekarest, Roemenië X Vlag van Spanje Spanje Jaca, Spanje
1983 XII Vlag van Kanada Kanada Edmonton, Kanada XI Vlag van Bulgarye Bulgarye Sofia, Bulgarye
1985 XIII Vlag van Japan Japan Kobe, Japan XII Vlag van Italië Italië Belluno, Italië
1987 XIV Flag of SFR Yugoslavia Joego-Slawië Zagreb, Joegoslawië XIII Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye Štrbské Pleso, Tsjeggoslowakye
1989 XV Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland Duisburg, Wes-Duitsland XIV Vlag van Bulgarye Bulgarye Sofia, Bulgarye
1991 XVI Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk Sheffield, Verenigde Koninkryk XV Vlag van Japan Japan Sapporo, Japan
1993 XVII Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State Buffalo, Verenigde State XVI Vlag van Pole Pole Zakopane, Pole
1995 XVIII Vlag van Japan Japan Fukuoka, Japan XVII Vlag van Spanje Spanje Jaca, Spanje
1997 XIX Vlag van Italië Italië Sisilië, Italië XVIII Vlag van Suid-Korea Suid-Korea Muju, Suid-Korea
1999 XX XIX Vlag van Slowakye Slowakye Poprad Tatry, Slowakye
2001 XXI Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China Beijing, Sjina XX Vlag van Pole Pole Zakopane, Pole
2003 XXII Vlag van Suid-Korea Suid-Korea Daegu, Suid-Korea XXI Vlag van Italië Italië Tarvisio, Italië
2005 XXIII Vlag van Turkye Turkye Izmir, Turkye XXII Vlag van Oostenryk Oostenryk Innsbruck en Seefeld, Oostenryk
2007 XXIV Vlag van Thailand Thailand Bangkok, Thailand XXIII Vlag van Italië Italië Turyn, Italië
2009 XXV Vlag van Serwië Serwië Belgrado, Serwië XXIV Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China Harbin, Sjina
2011 XXVI Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China Shenzhen, Sjina XXV Vlag van Turkye Turkye Erzurum, Turkye
2013 XXVII Vlag van Rusland Rusland Kazan, Rusland XXVI Vlag van Italië Italië Trentino, Italië
2015 XXVIII Vlag van Suid-Korea Suid-Korea Gwangju, Suid-Korea XXVII Vlag van Slowakye Slowakye Osrblie, Slowakye (skansspring en biatlon), Vlag van Slowakye Slowakye Strbske Pleso, Slowakye (noordse kombinasie en langlaufen)
Vlag van Spanje Spanje Granada Spanje (orige items)
2017 XXIX Vlag van Republiek van SjinaFlag of Chinese Taipei for Universiade.svg[1] Taipei, Republiek van Sjina XXVIII Vlag van Kasakstan Kasakstan Alma-Ata, Kasakstan
2019 XXX Vlag van Brasilië Brasilië Brasilia, Brasilië XXIX Vlag van Rusland Rusland Krasnojarsk, Rusland

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Republiek van Sjina (Taiwan) gebruik om politieke redes tydens internasionale sportbyeenkomste (soos die Universiade) die naam "Sjinees Taipei" en 'n spesiale vlag.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]